Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Congratulations to Alex Smith (@africa_alex), whose Devilskein & Dearlove has been nominated for a Carnegie Medal! fb.me/3iD79TzOa

Kultuurhistorikus en skrywer Pieter W Grobbelaar op 82 oorlede

Afrikaanse kultuurhistorikus en skrywer Pieter W Grobbelaar is gedurende die naweek op Worcester oorlede. Grobbelaar het tydens sy loopbaan meer as 200 boeke gepubliseer. Hy het dit sy lewenstaak gemaak om volksverhale en -rympies te dokumenteer en toeganklik te maak vir jonk en oud, soos byvoorbeeld in sy mees onlangse boek, Jakkals en Wolf.

Jakkal en WolfKampvuurstoriesHessie KwedetDoer in DierlandyAandstories vir kleuters

Familie en lede van die uitgewersbedryf het Grobbelaar geprys vir sy wye navorsing en passie vir volksverhale van regoor die wêreld. Alida Potgieter, ’n uitgewer wat vir meer as 14 jaar saam met Grobbelaar gewerk het, het haar respek vir sy kennis uitgespreek.

Die man wat volksverhale en Afrikaanse rympies by “mense gaan haal” en dit tot in die huis van lesers gebring het, is dood.

Prof. Pieter W. Grobbelaar (82), kultuurhistorikus en skrywer wat meer as 200 boeke gepubliseer het, is Saterdag in ’n ouetehuis op Worcester oorlede.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Die Burger

 

Please register or log in to comment