Kaartjieverkope vir dié jaar se Festival voor het Afrikaans in Nederland open vandag


Die Stichting Solidariteitsfonds voor Afrikaans bied hierdie jaar vir die tweede maal die Festival voor het Afrikaans in Nederland aan en kaartjieverkope het vandag amptelik geopen.
Dié fees het ten doel om Afrikaans ook in die Lae Lande te vier met skrywers, sangers en akteurs wat Afrikaanse literatuur, musiek en dramas aan die Nederlandse gehore bekendstel. Die tweejaarlikse fees vind vanaf 14 Junie tot en met Sondag 16 Junie 2013 plaas en gaste kan na ’n wye verskeidenheid produksies uitsien. Etienne van Heerden, Antjie Krog en Ronelda Kamfer is van die skrywers wie se deelname aan die fees reeds bevestig is. Die finale program sal in April beskikbaar wees.
’n Nuwe toevoeging tot die feesprogram is die MK Rockshow voor het Afrikaans wat op Donderdagaand 13 Junie in die Amsterdamse Melkweg gehou sal word. Kunstenaars wat by dié vertoning te sien sal wees, gaan nog bevestig word en kaartjieverkope hiervoor sal eers later open. Die fees het ook dié jaar ’n nuwe tuiste gekry en die meeste items vind in die Theater aan het Spui in Den Haag plaas.
Die 2013-fees vind plaas vanaf Vrydag 14 Junie tot en met Sondag 16 Junie 2013.
Die fees het ’n nuwe tuiste gevind by Theater aan het Spui in Den Haag. Hierdie pragtige teater pas perfek by die veelsydige program wat aangebied gaan word.
Die program word boonop ook uitgebrei. Daar sal hierdie jaar ’n besondere keuse van Afrikaanse films vertoon word en ook kabaret te sien wees!
Boekbesonderhede
- Haai Karoo deur Etienne van Heerden
Boek se tuisblad
EAN: 9780624056157
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Grond/Santekraam deur Ronelda Kamfer
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703652
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Mankepank en ander verse deur Antjie Krog, geïllustreer deur Diek Grobler
Boek se tuisblad
EAN: 9780624052562
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!












Please register or log in to comment