TT Cloete resenseer Pirouette deur Aniel Botha
Die gedigte in Aniel Botha se debuutbundel Pirouette getuig almal van ’n sterk biologiese en psigologiese bewustheid, van ’n geteisterde maar baie begaafde menslikheid. Sy skryf hoofsaaklik selfportrette (vergelyk “Selfportret”), spieëlgedigte, blykbaar outobiografies maar tegelyk algemeen-menslik, met ’n sterk werklikheidsbelewenis. Die gedig word gesien as bevrydende fenomeen in ’n dikwels pynlike, onvriendelike werklikheid. Botha skryf ’n soort saaklike gedig, op die man af. Sy kan ’n oomblik of belewenis vasvang in ’n paar woorde, met geen omslagtigheid nie, soos “Maaltyd”, ’n kort gelade gedig, van net twee strofes en kort verse
Boekbesonderhede
- Pirouette deur Aniel Botha
EAN: 9780795800320
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!




Uitspraak: wortel







Please register or log in to comment