Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Woordfees 2013: Publikasie van Afrikaanse kinderboeke kom onder die loep

Nicol Stassen, Izak de Vries en Daniel Hugo

 
Om Afrikaanse kinderboeke plaaslik te publiseer is ’n duur affêre het Nicol Stassen van Protea Boekhuis en Miemie du Plessis, kinderboekredakteur van Lapa Uitgewers, by hierdie jaar se US Woordfees laat hoor.

Veral die druk van dié boeke kan uitgewers se begrotings ‘n knou gee. Daarom word baie Afrikaanse kinderboeke uit ander tale vertaal en dan saam met ander vertalings gedruk om kostes te bespaar.

Die land van die groot woordfabriekDie Koning van KatorenGoeie maniere: Seerowers sê altyd assebliefAsterix die GalliërGoeie maniere: Prinsesse hou van deel

Stassen en Du Plessis het saam met gespreksleier Danie Marais en vertalers Izak de Vries en Daniel Hugo oor dié kwessie gesels.

Books LIVE se Maggie Marx het regstreeks vanaf die praatjie met #livebooks getwiet:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment