Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Ingrid Winterbach palm Hertzogprys vir die tweede maal in, Eugène Maraisprys gaan aan Hennie Nortjé

Ingrid Winterbach

Die Hertzogprys word dié jaar vir ’n tweede maal aan Ingrid Winterbach toegeken vir haar mees onlangse roman, Die aanspraak van lewende wesens. Winterbach het die prys ook in 2004 vir haar opspraakwekkende Niggie ingepalm. Dié gesogte toekenning word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan ’n Afrikaanse literêre werk van hoogstaande gehalte toegeken.

Die aanspraak van lewende wesensIn die skadu van soveel bomeWillem PoprokAnna Atoom en die digitale draak

Die Akademie het ook bekendgemaak dat die Eugène Maraisprys vir eerste of vroeë letterkundige werk aan Hennie Nortjé gaan vir sy digbundel, In die skadu van soveel bome. Derick van der Walt se Willem Poprok het aan hom die Scheepersprys vir jeugliteratuur besorg en Elizabeth Wasserman het vir haar Anna Atoom-reeks die Alba Bouwerprys vir kinder­literatuur ingepalm.

Die pryse sal later vanjaar by ’n luisterryke geleentheid aan die wenners oorhandig word.

Ingrid Winterbach word vanjaar vir die tweede keer met die Hertzogprys vir prosa bekroon.

Die Hertzogprys is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se vernaamste prestigeprys vir Afrikaanse letterkunde en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en verhalende prosa toegeken.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment