Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Join Chad le Clos for an Unbelievable! Book Signing at Exclusive Books Westville @PenguinBooksSA ow.ly/w98iM

Vryfees 2013: ’n Naweek vol boekepret in die hartjie van die Vrystaat

 
Hierdie jaar se Vryfees in Bloemfontein beloof weer om feesgangers met nie net dans, sang en toneel te vermaak nie, maar ook met ‘n sterk dosis boekepret. Van 9 tot 14 Julie kan feesgangers op die Universiteit van die Vrystaat-gronde die beste in Afrikaanse vermaak beleef.

HiervandaanOepse daisyToorwoorde roep myKanna hy kô huistoeDie ander een is ekWildvreemdIngrid Jonker

Gewilde reisskrywer Dana Snyman sal saam met Les Javan op die verhoog te sien wees in ’n woord-en-musiek-produksie en Johan Bakkes sal ’n soortgelyke produksie saam met Valiant Swart aanbied. Adam Small se bekende toneelstuk, Kanna hy kô huistoe, word ook hierdie jaar by die Vryfees aangebied. Small het in 2012 die Hertzogprys vir Letterkunde ontvang en word met die aanbieding van Kanna vir sy bydrae tot toneel in Suid-Afrika vereer.

Tussen hemel en aarde is ’n multimedia-produksie waarin van TT Cloete en Carina Stander se gedigte voorgelees sal word. Vir die skryfgieriges is daar ’n NALN-slypskool in selfpublikasie waartydens Petrovna Metelerkamp, uitgewer en stigter van Hemel en See Boeke bywoners sal tou wysmaak. Boonop sal Deon Meyer, wat onlangs vir die eerste maal sy lyf regisseur gehou het, sal ’n gesprek oor sy film, Die laaste tango, by die fees aanbied.

7 DaeSkadu�s van gisterOskar en die pienk tannieSo was ditVuilspel Rooi Jan AllemanBek sonner brieke

Marzanne Leroux-Van der Boon gaan met Jaco de Wet gesels oor die sesde boek in haar Israel-reeks en Naòmi Morgan sal gesels met aktrise Sandra Prinsloo oor Oskar en die pienk tannie. Johan van Wyk, skrywer van So was dit, gaan gesels oor die plattelandse lewe, Bettina Wyngaard oor haar jongste boek, Vuilspel, en Francois Loots praat prontuit oor sy fiksionele verhaal van Bram Fischer, Rooi Jan Alleman. Elias P Nel (Bek sonner brieke), Ingrid Winterbach (Die aanspraak van lewende wesens) en Christine Barkhuizen le Roux (Getuie) is ook by die fees te sien.

Die aanspraak van lewende wesensGetuieOnse vadersJy-weet-wieDie koekieboek[VII]

Karin Brynard en Francois Bloemhof gaan gesels oor spanningsfiskie en hul jongste boeke in hierdie genre, Maritza Breytenbach sal vertel van die wilde sukses van Die koekieboek en Gilbert Gibson sal sy jongste digbundel, [VII], bespreek. Vir hierdie en nog baie meer vermaak by die Vryfees, besoek hul webtuiste en laai die program af. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!


e-Boek opsies – Laai nou af!


 

Please register or log in to comment