Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Digter DPM Botes sterf op 78

Van 'n skaap in wolfsklereBotes het verlede jaar, op die ouderdom van 77, nog ‘n digbundel, Van ‘n skaap in wolfsklere, die lig laat sien. Hy is verlede week aan ‘n hartaanval oorlede.

Botes was die eerste Afrikaanse wenner van die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, Wat is ‘n gewone man, wat in 1965 verskyn het. Hy het nog twee bundels in die sestiger en sewentiger jare gepubliseer, maar eers weer verlede jaar ‘n publikasie laat verskyn.

Versindaba, Beeld en Die Burger het ná sy afsterwe aan Botes hulde gebring. In Johann Lodewyk Marais se artikel in Beeld noem hy Botes se vriendskap met Wopko Jensma, sy kunsversameling en ook die bewerings van plagiaat wat die digter gekrenk het:

D.P.M. Botes, wat Sondag in Pretoria oorlede is, het jare lank sy stille gang in die Afrikaanse literatuur gegaan. Desnieteenstaande was hy ’n legende en selfs omstrede.

Hy was immers met sy debuutdigbundel, Wat is ’n gewone man (1965), die eerste wenner van die Ingrid Jonker-prys. Boonop was Rob Antonissen se bespreking van dié bundel, wat later in Spitsberaad: Kroniek van die Afrikaanse lettere 1961-1965 (1966) opgeneem is, enige debutant se droom. Só is Botes se “reeds ontwikkelde, selfstandige digterskap” in die kanon van Sestig gevestig as een van dié era se belangrikste digters.

Dit is met spyt dat ons verneem het van die afsterwe van DPM Botes gisteraand. Het het klaarblyklik aan ‘n hartaanval beswyk. Hy was 78 jaar oud.

D.P.M. Botes is in Witbank gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal. Daarna verwerf hy ‘n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Afrikaanse en Nederlandse Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en ‘n honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan UNISA. Onder prof. Wilfried de Pauw voltooi hy aan UNISA ‘n MA-verhandeling, ‘n Ondersoek na verteenwoordigende literêre opvattinge van die Futurisme, Kubisme, Dadaïsme en Surrealisme (1963). In die winter van 1965-1966 doen hy onder prof. Jean Weisgerber aan die Université Libre de Bruxelles in België navorsing vir ‘n proefskrif oor die digter Gaston Burssens.

D.P.M. Botes (78), skrywer van die eerste Afrikaanse digbundel wat die Ingrid Jonker-prys gewen het, is oorlede.

Botes, van Pretoria, het eergister ’n hartaanval gehad, berig Louis Esterhuizen op die aanlyn-poësieblad Versindaba.

Die digter Johann Lodewyk Marais onthou Botes, ’n digter met ’n avant garde-inslag en beoefenaar van die vrye vers, as ’n “besonder intelligente en goed ingeligte” mens.

Book details

 

Please register or log in to comment