Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Alert! The programme for this year’s @OpenBookFest has been revealed! Click here to see it: fb.me/3EVHbDBFa

Chanette Paul, Leon van Nierop en Ilse Salzwedel loop deur onder onwettige e-boekverspreiding

SnydokterBloedsustersFleur

 
Dit het pas op die lappe gekom dat drie top Afrikaanse skrywers se e-boeke onwettig op sosiale medianetwerke versprei is. Dié onthulling het die Afrikaanse uitgewersbedryf op sy kop gekeer.

Chanette Paul se Fleur, Leon van Nierop se Snydokter en Ilse Salzwedel se Bloedsusters is op Facebook versprei, in sommige gevalle vir geldelike gewin. Volgens Lapa-Uitgewers en NB-Uitgewers sal die Suid-Afrikaanse Federasie teen Kopieregdiefstal (Safact) binnekort sake teen die skuldiges aahangig maak.

Die Afrikaanse uitgewersbedryf is in rep en roer nadat dit aan die lig gekom het dat drie Afrikaanse skrywers die slagoffers geword het van ’n Facebook-slenter waarmee hul e-boeke onwettig versprei word.

Die skrywers wat deurgeloop het, is Leon van Nierop, Chanette Paul en Ilse Salzwedel.

Die Suid-Afrikaanse Federasie teen Kopieregdiefstal (Safact) beoog om ’n klag teen drie individue in te dien in verband met die skending van kopiereg op dié skrywers se e-boeke.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!


 

Please register or log in to comment