Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Right! That's a wrap of our #ManBooker2014 coverage. Congratulations to Richard Flanagan bookslive.co.za/Yq9F

Boekprogram vir Hermanus se Kalfiefees 2013

Image and video hosting by TinyPic

 
Op 7 Augustus skop die jaarlikse Kalfiefees in Hermanus af met musiek, toneelspel, boekgesprekke en hope ander vermaak. Izak de Vries van LAPA Uitgewers gaan op Vrydag (9 Augustus) en Saterdag (10 Augustus) boekgesprekke lei met skrywers Johan Kruger en Chanette Paul. Kruger se Die vloek is goed deur resensente ontvang en Chanette Paul se jongste spanningsroman Siende blind het pas die winkelrakke getref.

Die vloekSiende blindOskar en die pienk tannieIngrid Jonker

Petrovna Metellerkamp, skrywer van Ingrid Jonker: A Poet’s Life, gaan saam met Cas van Rensburg ’n huldeblyk aan hierdie ikoniese Afrikaanse digter aanbied en die drama Oskar en die pienk tannie, met Sandra Prinsloo in die hoofrol, sal ook by die fees te sien wees. Die drama is op die boek Oskar en die pienk tannie gegrond wat uit die oorspronklike Frans deur Naòmi Morgan na Afrikaans vertaal is.

Kaartjieverkope vir die fees is reeds oop en besprekings kan by Computicket gedoen word. Die volledige program is op die Kalfiefees se webtuiste beskikbaar.

Sien jou daar!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment