Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Annelie Botes skryf met berou oor uitsprake wat tot verlies van K Sello Duiker-prys gelei het

Swart op witIn 2010 is die K Sello Duiker-prys wat aan Annelie Botes vir haar roman Thula thula toegeken sou word, teruggetrek weens uitsprake oor swart mense wat sy in ’n onderhoud met Hanlie Retief in Rapport gemaak het. Nou is Botes terug met ’n nuwe boek, Swart op Wit, waarin sy onder meer skryf oor die impak wat die gebeure op haar gehad het.

Annemarié van Niekerk skryf in Rapport dat Botes bestek neem op “hierdie tyd van ontnugtering, spyt, selfverwyt en paniek”. Sy haal Botes uit die boek aan: “Ek is spyt ek het gesê ek hou nie van swart mense nie. Doodgewoon omdat dit nie die waarheid is nie. Ek besef alte goed dit was growwe veralgemening…”

Einde 2010 bars ’n bom los oor ’n uitspraak van Annelie Botes in ’n onderhoud met Rapport. En nou het sy ’n boek, Swart op wit, geskryf oor die tyd daarna en sy gee die leser ’n intieme kykie na ’n vroeër lewe wat haar menswees gevorm het.

Ter agtergrond: In die gesprek met Rapport sê Botes sy hou nie van swart mense nie omdat sy hulle nie ken nie en bang is vir hulle. Die rede vir haar onbegrip en vrees, verduidelik sy, is die geweldmisdaad in Suid-Afrika. Sy lees dit as ’n rassekwessie omdat sy dit veral ken as swart geweldenaars en wit slagoffers.

Naledi is die uitgewers van Botes se nuwe boek, waarin sy ook oor haar grootwordjare, dobbelverslawing, huwelikskrisisse en “kwessies wat Suid-Afrikaners na aan die hart lê” skryf. Melt Myburgh van Naledi het aan Volksblad gesê dat daar reeds groot belangstelling in die boek is:

Ná drie jaar van stilte en sabbatsverlof in die literêre wildernis is Annelie Botes terug met ’n nuwe boek, Swart op wit.

Melt Myburgh, redaksiehoof by Naledi, het dié week gesê daar is “enorme voorafbestellings en knaende navrae” oor dié boek.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment