Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Gee jou boekrak ’n Afrikaanse hupstoot deur Koop-’n-Afrikaanse-boekdag te vier

Vriende van Afrikaans Vandag vier Afrikaanssprekendes regoor die wêreld weer Koop-’n-Afrikaanse-boekdag. Lesers word aangemoedig om Afrikaanse literatuur te ondersteun deur vandag ’n Afrikaanse boek te koop.

Dié dag is in 2005 deur Vriende van Afrikaans ingestel met die doel om die aandag te vestig op die fantastiese Afrikaanse boeke wat op die mark is en ook om ’n leeskultuur aan te moedig. Koop-’n-Afrikaanse-boekdag bied die ideale verskoning om jouself met ’n lekker leesboek te bederf of om iemand na aan jou se boekrak ’n Afrikaanse hupstoot te gee.

�n Man van min belangDie aanspraak van lewende wesensKennis is magDie laaste AfrikanerleiersFees van die ongenooidesDwarstrekkers, dwepers en doktersKaap van slawe

Vandag bied verskeie boekwinkels korting op Afrikaanse boeke. Vir jou winskopie kan jy gaan inloer by geselekteerde takke van Exclusive Books, Bargain Books, Wordsworth Books, Protea Boekhuis, Van Schaik, Kalahari.com, CNA en ook Office National, Christian Books and Gifts en Painted Words in Modimolle (Nylstroom) asook PNA in Warmbad.

Die blou van onthouVerbode DrifDie stukke wat ons sny EilandePlaasmoordVliegerDie groot verlangeDie vierkant van die wraakDie afreis van Abel LotzSeisoen van sondePhilidaAan die stuur

Vriende van Afrikaans het in Julie ’n peiling gedoen en lesers gevra watter boeke hulle sou aanbeveel om hierdie jaar te koop.

Persverklaring

Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus: Dis moeilik om te glo dat die jaar in sy agste maand staan en dat dit weer tyd is om Afrikaanse boeke teen afslag te kan koop. Vir julle gerief het ons ‘n paar mense gevra watter aanbevelenswaardige Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het.

Hier volg die resultaat:

’n Man van min belang deur Chris Karsten (Malene Breytenbach, Leon de Stadler en Henry Jeffreys)
Die Aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach (Theo Kemp)
Kennis is mag deur Malene Breytenbach (Wannie Carstens)
Die laaste Afrikanerleiers deur Herman Giliomee (Henry Jeffreys, Gaggi Biesenbach)
Fees van die ongenooides deur PG du Plessis (Justa Niemand en Amanda de Stadler)
Dwarstrekkers, dwepers en dokters deur JC (Kay) de Villiers (Jan Lochner)
Kaap van slawe deur Marthinus van Bart (Jan Lochner)
Die blou van onthou deur Marita van der Vyver (Alana Bailey en Willem Botha)
Verbode drif deur Irma Joubert (Alana Bailey)
Hanna deur Rachelle Greef (Diana Ferrus)
Die stukke wat ons sny saamgestel deur Hein Willemse (Charlyn Dyers)
Eilande deur Dan Sleigh (Charlyn Dyers)
Plaasmoord deur Karin Brynard (Frikkie Lombard)
Vlieger deur Harry Kalmer (Willem Botha)
Die Groot Verlange deur Eugene Marais (Albert Geldenhuys)
Die vierkant van die wraak deur Peter Aspe en vertaal deur Daniel Hugo (Willem Botha)
Die afreis van Abel Lotz en Seisoen van sonde deur Chris Karsten (Frikkie Lombard)
Philida deur Andre P Brink (Gaggi Biesenbach)
Aan die stuur deur Brand Pretorius (Christo van der Rheede)

Boekwinkels wat vanjaar deelneem is geselekteerde takke van Exclusive Books, Bargain Books, Wordsworth, Protea Boekhuis, Van Schaik, Kalahari.com, CNA en “Office National”, “Christian Books and Gifts” en “Painted Words” in Modimolle (Nylstroom) asook PNA in Warmbad. Almal bied afslag aan op Afrikaanse boeke op 14 Augustus of vir ‘n langer tydperk. LAPA Uitgewers en Phambili Agentskap
ondersteun ook hierdie dag.

Einde

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!            

         
       
      


 

Please register or log in to comment