Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Congratulations to Alex Smith (@africa_alex), whose Devilskein & Dearlove has been nominated for a Carnegie Medal! fb.me/3iD79TzOa

ATKV-Woordveertjies se finaliste vir 2013 bekend gemaak

ATKV Woordveertjies

Dit is amper weer tyd vir die jaarlikse ATKV-Woordveertjies wat vanjaar op 13 September by D’Aria in Durbanville plaasvind. Dié toekennings het ten doel om uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord te bekroon en die finaliste in die onderskeie genres is pas bekend gemaak.

Vir die derde agtereenvolgende jaar is ’n skrywer as finalis in twee genres benoem. Karin Brynard volg in Deon Meyer en Chris Karsten se spore met dié dubbele benoeming vir haar tweede roman, Onse vaders. Karsten het in 2011 beide die prys vir spanningslektuur en prosaprys gewen en Meyer het verlede jaar die prys vir spanningslektuur ingepalm. Soos Karsten en Meyer is Brynard in dié twee genres benoem, en ding sy selfs mee met Karsten se Die afreis van Abel Lotz en ander bobaasskrywers soos André Krüger, Johan Kruger en Irma Venter.

Die volledige lys van al die finaliste volg hieronder. Die Kinderboektoekennings en Woordwystoekenning se wenners word ook tydens hierdie geleentheid aangekondig.

Onse vadersDie twee lewens van Dieter OndracekDie vloek

ATKV-Prosaprys

Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
Die twee lewens van Dieter Ondracek – André Krüger (Human & Rousseau)
Die vloek – Johan Kruger (LAPA Uitgewers)

EendagmooiMaanschijnbaai: Nan & Jeannie Maanschijnbaai: Jo en SueDie skrywer

Prys vir Liefdesroman

Eendagmooi – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
Maanschijnbaai-tweeluik – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Die skrywer – Esta Steyn (Tafelberg)

PirouetteKry my by die gewone plek aguurOm die gedagte van geel

Prys vir Poësie

Pirouette – Aniel Botha (Queillerie)
Kry my by die gewone plek aguur – Loftus Marais (Tafelberg)
Om die gedagte van geel – Petra Müller (Tafelberg)

Glansheld en die koerantprinsesBoks vol soentjiesLiefdesdroom

Prys vir Romanses

Glansheld en die koerantprinses – Bernette Bergenthuin (LAPA Uitgewers)
Boks vol soentjies – Dina Botha (LAPA Uitgewers)
Liefdesdroom – Mari Roberts (LAPA Uitgewers)

Onse vadersDie afreis van Abel LotzSkoenlapper

Prys vir Spanningslektuur

Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
Die afreis van Abel Lotz – Chris Karsten (Human & Rousseau)
Skoenlapper – Irma Venter (Human & Rousseau)

Prys vir Dramateks

Trippie – Nicola Hanekom
Oorsee – Tertius Kapp
Die onsigbare kind – Bauke Snyma

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment