Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Alert! The programme for this year’s @OpenBookFest has been revealed! Click here to see it: fb.me/3EVHbDBFa

Adam Small en Wilma Stockenström kom na die Tuin van Digters (Plus: Volledige program)

Tuin van Digters

Hierdie jaar se Tuin van Digters, wat op 14 September by die Breytenbach Sentrum op Wellington plaasvind, beloof om poësieliefhebbers gaande te hê met ’n propvol program. Nie net sal daar kunswerke deur van Suid-Afrika se voorste kunstenaars te sien wees nie, maar gaste kan ook uitsien daarna om te hoor hoe digters soos Marius Crous, Loftus Marais, Clinton V du Plessis, Hennie Nortjé en Carina Stander uit hul werk voorlees.

KlawerjasDie gewildste Afrikaanse gedigteIn die skadu van soveel bomeRangeer Ko lat ons singHierdie mensDie sneeuslaper

Hoogtepunte op die program is Joan Hambidge se praatjie oor die werk van Wilma Stockenström en Adam Small se eerste optrede in die publiek in dekades. Stockenström het pas haar eerste digbundel in 14 jaar, Hierdie mens, die lig laat sien en sy sal by die praatjie teenwoordig wees om van haar gedigte voor te lees. Adam Small keer teurg na sy geboortedorp vir ‘n voorlesing uit sy splinternuwe digbundel, Klawerjas.

Om te lewe is onnatuurlikKry my by die gewone plek aguur Vol draadwerkNadoodse ondersoekI've Come to Take You HomeWildvreemd

Die meeste van die items op die program is gratis, maar besprekings vir items met toegangsfooie kan gemaak word by 021 873 2786 of info@breytenbachsentrum.co.za.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!


 

Please register or log in to comment