Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Philani Dladla – The Pavement Bookworm (@BookVsDruggs) – Shares His Story with @TEDxJoburg: fb.me/1n10zxz3E

Susan Smith resenseer In die bloute deur Johann Lodewyk Marais

In die blouteUitspraak: wortel

Die jongste bundel van Johann Lodewyk Marais, In die bloute, keurig uitgegee deur Cordis Trust Publikasies, bou voort aan die steeds groeiende oeuvre van Marais se natuursentriese bundels en verse. Reeds met die titel van die bundel, met die klem op die onverwagte voorsetsel in, word die leser in getrek in die seeboek (soos die subtitel die bundel beskryf). Die bundel is ingedeel in ses afdelings waarin die see en sy inhoud agtereenvolgend aan bod kom en wat bydra tot ’n hegte strukturering van die bundel. Die verdeling dien bykans as reisplan vir die leser die bloute in, vanaf die persoonlike vlak, die aanvanklike verklaring van die digter in die openingsgedig dat hy ’n bundel “met seesand tussen die blaaie” (9) wil skryf tot die kosmiese vlak wat deur die titel van die slotgedig “Save our planet” (77) gesuggereer word.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment