Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Right! That's a wrap of our #ManBooker2014 coverage. Congratulations to Richard Flanagan bookslive.co.za/Yq9F

Wenners van die 2013 ATKV-Woordveertjies aangewys

Kristel Loots, Dina Botha, Petra Muller, Janita Holtzhausen, Jana Luther, Nicola Hanekom en Karin Brynard

 
Die gesogte ATKV-Prosaprys is Vrydagaand tydens ‘n spoggeleentheid by D’Aria-wynlandgoed aan Karin Brynard toegeken vir haar roman, Onse Vaders. Brynard was ook vanjaar in die kategorie vir spanningsromans benoem, maar Irma Venter het met Skoenlapper in dié kategorie gewen.

Ook in die kategorieë vir poësie, liefdesromans, romanse en drama het vrouens met die louere weggestap: Petra Müller, Kristel Loots, Dina Botha en Nicola Hanekom het hierdie onderskeie Woordveertjies ingepalm.

Ruda Landman en Suzann Steyn, aanbieders van die 2013 Woordveertjies, het die Woordwystoekenning aan redakteur Jana Luther oorhandig vir Pearson se woordeboek Longman-HAT Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers.

‘n Nuwe prys, die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans, is vir die eerste keer vanjaar toegeken en het gegaan aan die personeel van Vahalla Park-biblioteek.

Onse vadersEendagmooiOm die gedagte van geelBoks vol soentjiesSkoenlapper Longman HAT Dictionary and Grammar for English Speakers

Die volledige lys wenners

  • ATKV-Prosaprys: Onse Vaders deur Karin Brynard (Human & Rousseau)
  • Prys vir Spanningslektuur: Skoenlapper deur Irma Venter (Human & Rousseau)
  • Prys vir Poësie: Om die gedagte van geel deur Petra Muller (Tafelberg)
  • Prys vir Liefdesroman: Eendagmooi deur Kristel Loots (LAPA)
  • Prys vir Romanse: Boks vol soentjies deur Dina Botha (LAPA)
  • Prys vir Drama: Trippie deur Nicola Hanekom
  • Woordwystoekenning: Longman-HAT Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers (Pearson)
  • Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans: Valhalla Park-biblioteek
Alistair Ackermann, Elizbè van der Colff, Chris Venter, Derick van der Walt, Jaco JacobsPersoneel van Valhalla Park-biblioteek

Die ATKV-Kinderboektoekennings is ook tydens die geleentheid oorhandig. Die wenners van hierdie Woordveertjies word deur jong lesers self bepaal. Kinders vind duidelik aanklank by Jaco Jacobs se skryfwerk, want hy het met ‘n indrukwekkende drie pryse weggestap!

Waarvoor is seerowers bang?KinderspeletjiesCowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van WatsenaamNina en die wacky hareAl die meisies hou van Divan LouwHoopvol

Die volledige lys wenners

Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar

Selfleeskategorie: Graad 1 – 3

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Elizbè van der Colff vir Nina en die wacky hare (Tafelberg)
  • Illustreerder: Chris Venter vir Nina en die wacky hare (Tafelberg)

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Derick van der Walt vir Hoopvol (LAPA)
* * * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:

* * * * * * * * *

Facebook-galery

Book details

 

Please register or log in to comment