Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Joan van Zyl resenseer Dieners en Donners deur Mike Nicol

Dieners en DonnersUitspraak: wortel

“DIT klink alteveel soos vinkel en koljander,” sê vriend Gerhard toe hy hoor ek lees ’n boek met die titel Dieners & Donners. “Polisie en diewe – een en dieselfde ding!”

En al het Gerhard die boek in daardie stadium nog nie gelees nie, is sy opsomming nie ver van die kol nie. Want die top-misdaadskrywer Mike Nicol se nuutste speurroman gaan juis daaroor dat die grense tussen “dieners” en “donners” in Suid-Afrika soms maar vaag is – en ook oor hoe party mense in ons huidige regering ewe onderduims is as hul eweknieë in die destydse apartheidsregering. Vinkel en koljander, inderdaad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment