Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Ingrid Winterbach en André Krüger wen UJ-Pryse vir Skeppende Skryfwerk

Die aanspraak van lewende wesensDie twee lewens van Dieter OndracekIngrid Winterbach se roman Die aanspraak van lewende wesens is pas met die Universiteit van Johannesburg-prys vir Beste Skeppende Skryfwerk 2012/2013 bekroon en André Krüger se eerste roman, Die twee lewens van Dieter Ondracek, het die UJ-prys vir die Beste Skeppende Debuutwerk ontvang.

Die UJ-prys is die vierde toekenning wat Winterbach vanjaar vir Die aanspraak van lewende wesens ingepalm het, naas die Hertzogprys, die WA Hofmeyr-prys en die M-Net-prys. Die manuskrip vir hierdie roman het ook in 2012 NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd gewen.

Verlede jaar het die UJ-prys vir Beste Skeppende Skryfwerk aan Dan Sleigh se Wals met Matilda gegaan en die UJ-debuutprys aan SJ Naudé se Die Alfabet van die voëls.

Ingrid Winterbach is die wenner van vanjaar se UJ-prys vir skeppende skryfwerk vir haar roman Die aanspraak van lewende wesens.

Dié roman wat verlede jaar die eerste prys gewen het in NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, is vroeër vanjaar ook met die Hertzogprys, die W.A. Hofmeyr-prys en die M-Net-prys vir die beste Afrikaanse roman bekroon.

Book details

 

Please register or log in to comment