Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Listen to five short stories by Nadine Gordimer (including Loot read by the author) via @openculture: fb.me/6CqAHMz7y

Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys 2013 aangekondig

DonkerkamerIn die skadu van soveel bomeWanpraktykDie lewe tussen pikkewyne

 
Die debuutdigbundels Donkerkamer deur Fourie Botha, In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortjé, Wanpraktyk deur Andries Samuel en Die lewe tussen pikkewyne deur Jasper van Zyl is vanjaar op die kortlys vir die gesogte Ingrid Jonker-prys vir poësie. Veels geluk!

Verlede jaar is die prys aan ‘n Engelse digbundel, Missing deur Beverly Rycroft, toegeken. Vanjaar is dit weer Afrikaanse digkuns se beurt.

Danie Marais, die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee, en die beoordelaars, Petra Müller, Melt Myburgh en Henning Pieterse, het die volgende persverklaring uitgestuur:

Persverklaring

Daar is sterk kompetisie vir die 2013 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie. Die Ingrid Jonker Prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Aangesien beoordelaars van die prys ook gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters.

Die drie beoordelaars – Petra Müller, Melt Myburgh en Henning Pieterse – het die volgende kortlys opgestel (volgens van in alfabetiese volgorde):

Donkerkamer – Fourie Botha

In die skadu van soveel bome – Hennie Nortjé

Wanpraktyk – Andries Samuel

Die lewe tussen pikkewyne – Jasper van Zyl

Die wenner sal op 15 Oktober bekend gemaak word.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander lede van die komitee is Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling en Leon de Kock.

Einde

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment