Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Right! That's a wrap of our #ManBooker2014 coverage. Congratulations to Richard Flanagan bookslive.co.za/Yq9F

Willem de Vries ondersoek die speurgenre met leidrade van Deon Meyer, Kerneels Breytenbach en Willie Burger

Waarom is speurspanningsverhale deesdae so gewild? Willem de Vries het onlangs die antwoord op hierdie vraag nagejaag en by kenners op die gebied gaan aanklop vir leidrade. Hy gesels onder meer met Deon Meyer, wie se nuutste misdaadroman, Kobra, pas by Human & Rousseau verskyn het. Meyer wys daarop dat die vraag na speurverhale so geweldig groei omdat “die algemene gehalte styg, ook in Afrikaans”.

KobraOnse vadersDieners en DonnersDie afreis van Abel LotzHartlandPiekniek by Hangklip

Kerneels Breytenbach skryf die gewildheid toe aan “die tye waarin ons leef” en noem dat ontvlugting al meer aanloklik raak met “onsekerheid en ekonomiese stelsels wat in duie stort”. Willie Burger meen dit is moeilik om te bepaal presies waarom lesers so lief geraak het vir speurverhale en noem dat dit dalk te make het met troos wat in dié boeke gevind kan word: “Die speurriller-formule wys skelms kan gevang word, sindikate kan oopgevlek en die orde herstel word.”

Lees De Vries se bevindinge:

Onder talle Kersbome wag daar vanjaar ’n kopie van Deon Meyer se nuwe speurspanningsroman, Kobra. Meyer is die Suid-Afrikaanse koning in hierdie genre, maar op sy hakke is skrywers soos Karin Brynard, Chris Karsten en Mike Nicol.

Meyer sê “die huidige ‘tendens’ van speurspanning-gewildheid” word hoofsaaklik deur markkragte gedryf.

“Dit is ’n interessante kringloop, ’n sneeubal-effek,” sê hy. “Die Afrikaanse mark is terloops ’n goeie voorbeeld: Uitgewers en (aspirant-)skrywers het enkele jare gelede besef speurspanning verkoop goed vanweë, vermoed ek, ’n soortgelyke internasionale verskynsel en enkele plaaslike suksesse.”

Boekbesonderhede

Book details

 

Please register or log in to comment