Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

It's our 7th birthday! To celebrate, we're giving away a hamper of books, including a signed copy of Ghana Must Go! fb.me/2RfOYBymm

SJ Naudé ontvang Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2013

 
Alfabet van die voelsSJ Naudé, skrywer van die kortverhaalbundel Alfabet van die voëls, is vanjaar die ontvanger van die gesogte Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs – die grootste in the land, ter waarde van R350 000. Die beurs se doel is om “‘n belowende of ‘n gevestigde skrywer in staat te stel om vir ‘n jaar lank te fokus op ‘n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans”.

Die beurskomitee, bestaande uit Ingrid Winterbach, Anastasia de Vries en prof. Steward van Wyk, voorsitter van die UWK se departement Afrikaans en Nederlands, het eenparig Naudé se voorgestelde roman as die wenner gekies. Die komitee het laat weet: “Die beoogde roman speel af teen die agtergrond van diaspora en binne ’n kosmopolitiese wêreld en is daarop afgestem om ongekaarte gebiede vir die Afrikaanse taalwêreld oop te skryf.”

Die vorige ontvangers van die beurs is Andre Brink en Willem Anker.

S.J. (Fanie) Naudé is vanjaar die wenner van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het gister gesê hulle het 30 aansoeke ontvang.

Die rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), prof. Brian O’Connell, kondig graag aan dat die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2014 aan S.J. (Fanie) Naudé toegeken word. Die beurs beloop R350 000 en word toegeken vir ’n skryfprojek.

Die toekenning spruit uit ’n bemaking van oorlede Marjorie Wallace ter ondersteuning van kreatiewe skryfkuns in Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment