Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Congratulations to Alex Smith (@africa_alex), whose Devilskein & Dearlove has been nominated for a Carnegie Medal! fb.me/3iD79TzOa

Siedaar, 15 jaar! Program vir Woordfees 2014 bekendgestel

Prof Dorothea van Zyl

 
“Kuns jou hier, kultuur jou daar. Siedaar, 15 jaar!” Dít is die slagspreuk van die US Woordfees 2014, waarvan die program gisteraand by ‘n spoggeleentheid by Devonvale-landgoed bekendgestel is. Kaartjieverkope open vandag en die fees vind volgende jaar van 6 tot 16 Maart plaas.

Prof Dorothea van Zyl, wat ná volgende jaar die tuig as Woordfeesdirekteur sal neerlê, het tydens die geleentheid die gaste herinner aan die heel eerste Woordfees wat in die jaar 2000 gehou is. “Koos Bekker het die naam ‘Nag van Poësie en Passie’ voorgestel, maar Braam de Vries wou hom doodlag en het gewaarsku dat ‘n mens baie versigtig moet wees met studente en daardie twee dotjies op die e!’,” het sy verklap. Die eerste fees het uiteindelik net “Nag van Passie” geheet.

Karen Meiring Bun Booyens Daniel Kriel Prof Marianna Visser

Toesprake deur verteenwoordigers van die feesdonateurs, prof Marianne Visser van die Universiteit Stellenbosch, Japie Gouws van die ATKV, Daniël Kriel van Sanlam, Bun Booyens van Die Burger en Karen Meiring van KykNET, het gevolg. Booyens het gewys op die belangrikheid van woorde by hierdie fees en vroeë Afrikaanse joernaliste geloof vir die rol wat hulle in die skep van nuwe Afrikaanse woorde gespeel het, byvoorbeeld MER wat vir ons die woord “toebroodjie” gegee het. Oor die voortbestaan van Afrikaans het Meiring gesê: “Solank as wat ‘n taal gedemonstreer word, sal dit voortleef.”

Musiekgroepe het tydens die geleentheid vir die gaste ‘n voorsmakie gegee van wat by Woordfees 2014 verwag kan word. Daar was onder meer ‘n optrede deur die Jaloersbokkies, ‘n groep wat onder andere Nedine Blom en Taliep Petersen se twee dogters, Jawaahier en Ashur Petersen, insluit. Kyk ‘n videosnit van hul optrede:

YouTube Preview Image

Soos afgelei kan word van die fees se slagspreuk sal Woordfees 2014 towerkuns as tema hê. In pas met dié tema, sal daar onder meer kulkunsvertonings aangebied word. Oudergewoonte sal daar egter ook weer ‘n skrywersprogram, dramafees, kortfilmfees, musiekfees, kunsuitstallings en kuiers om kostafels wees. Enkele hoogtepunte op die skrywersprogram sluit in die huldigingsprofiele vir Corlia Fourie, Dan Sleigh, Engela van Rooyen en Lina Spies.

Hier onder is sommige van die boeke en skrywers wat by die fees bespreek sal word:

Die geheime kamerVuur op die horisonWals met MatildaDie skyn van tuiskomsPiekniek by HangklipOewerbestaan\'n Klein leweSwart op witValsrivierBroersSpoorvatSiende blindSeisoen van vervullingKlawerjasDanda op OudeurDonkerkamerSkoolI've Come to Take You HomeBek sonner briekeMaar wie snoei die rose in die nag?Die hart van �n ma'n Dief aan die kersOnder die radarKobraDonkerlandDie Oorlog Kom Huis ToeHierdie mensIn die skadu van soveel bomeKlimtolMeditasiesAs die wind kom draaiNoot vir doodSkrapnelSlagysterPlesierengelBushveld, Desert and DogsA Passion for FreedomVuurklipKlaraPotent PastimesAsterix by die PikteBabalelaSondag op 'n voëlplaasWay Back HomeRichard RiveA Rumour of SpringTolbos

Boekbesonderhede

eBoek opsies – Laai nou af!


eBoek opsies – Laai nou af!


 

Please register or log in to comment