Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Tom Gouws resenseer Atlas teen die vergeetrivier deur Pirow Bekker

Atlas teen die vergeetrivierUitspraak: wortel

Om oor meer as veertig jaar lank ‘n standhoudende goeie oeuvre op te bou, is bepaald ‘n merkwaardige prestasie. Pirow Bekker se agtste digbundel, met die mooi titel: Atlas teen die vergeetrivier (ook met die allermooiste voorblad), is ‘n bevestiging van die digter se konstante goeie bydrae tot die Afrikaanse literatuur. Inderdaad is dit met hierdie nuwe bundel weer eens opnuut ‘n ontdekking om te sien hoe gemaklik ‘n ware vakman behendig met die woordkuns omgaan. Met ‘n proefskrif oor die titel in die Afrikaanse poësie kan ‘n mens bepaald verwag dat Bekker se bundeltitel veelseggend sal wees.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment