Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Helize Van Vuuren resenseer Kaar deur Marlene van Niekerk

KaarUitspraak: wortel

In die 36 jaar durende skrywersloopbaan van Marlene van Niekerk is Kaar haar agtste werk, en derde digbundel.

’n Mens sou haar werk kon verdeel in drie: ’n jeugfase (die eerste twee versbundels, Sprokkelster, 1977, en Groenstaar, 1983, gevolg deur die kortverhale in Die vrou wat haar verkyker verloor het, 1992); die volwasse fase, waartydens sy haar merk maak internasionaal (die romans Triomf, 1994, en veral met Agaat, 2004); en die later werk (Memorandum: ’n verhaal met skilderye, met Adriaan van Zyl, 2006, Die sneeuslaper: verhale, 2010, en Kaar, 2013). Die later werk is die produk van ’n gevestigde en gevierde skrywer, wat dus eksperimenteer soos sy wil, en in dié later periode van haar lewe toenemend bewus van die verganklikheid van alles.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment