Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

.@TheFolioPrize 2015 Longlist Revealed, Including Damon Galgut, Yvonne Adhiambo Owuor and @dinawmengestu: bit.ly/13aY1hM

Pepler Head resenseer Kobra deur Deon Meyer

KobraUitspraak: wortel
Waarskuwing: bevat bederwers

In die afgelope jare het die populariteit van speur- en misdaadfiksie nie alleenlik in wêreldliteratuur toegeneem nie, maar ook in die Afrikaanse lesersgemeenskap. “Indeed, this culture industry is now international: American programs are telecast around the world, creating in effect a global culture, a culture sustained to a considerable extent by fictions of crime” (Thompson 1993:1).

Dit is duidelik dat hierdie groeiende populariteit ook sy merk in Suid-Afrika gelaat het. Die sukses van skrywers soos Karin Brynard, Margie Orford, Piet Steyn en talle ander wat die afgelope paar jaar in hierdie vorme gedebuteer het, illustreer die onversadigbare obsessie wat vandag rondom misdaad bestaan. Dit is veral die internasionale sukses van die misdaadskrywer Deon Meyer wat hierdie tendens in die Suid-Afrikaanse literatuur aantoon. Met sy nuwe roman, Kobra, is speurder Bennie Griessel terug, en sy teiken: die Kobra.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment