Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Rus in vrede, Hennie Aucamp (1934-2014)

SkulpHennie Aucamp, een van die mees geliefde en gevierde Afrikaanse skrywers, het op Donderdag 20 Maart 2014 stil heengegaan, berig Die Burger. Aucamp is bekend vir sy enorme oeuvre wat kabarettekste, gedigte, kortverhale en noemenswaardige akademiese tekste insluit. Hy het al ’n indrukwekkende hoeveelheid pryse ontvang, onder meer die Fleur du Cap-teaterprys vir lewenswerk en bydrae tot teater, die Hertzogpryz en Gustav Preller-prys vir Literatuurwetenskap.

Aucamp het onlangs sy 80ste verjaardag gevier, terwyl sy kollegas en vriende sy werk en wese gevier het met ’n verskeidenheid huldigingsgeleenthede wat dit duidelik gestel het dat Afrikaanse literatuur, en ook Suid-Afrikaanse literatuur, sonder hom baie arm sou wees. Sy jongste digbundel, Skulp, het pas by Protea Boekhuis verskyn.

KAAPSTAD. – Die Afrikaanse skrywer Hennie Aucamp (80) is Donderdagaand oorlede.

Christo de Jongh, ‘n buurman in die woonstelblok in Kaapstad waar hy gewoon het, het bevestig Aucamp is oorlede.

Fakir Abrahams, ‘n vriend van Aucamp, sê hy het Donderdagaand geen antwoord gekry toe hy om 19:00 vir Aucamp wou besoek het nie.

Die bekende Afrikaanse digter en skrywer Hennie Aucamp is Donderdagaand oorlede.

Amanda Strydom het op haar Facebook-blad geskryf: “Coenie de Villiers het sopas laat weet Hennie Aucamp is gisteraand in sy slaap oorlede. Ek het nie woorde nie. Totsiens, Meester, tot weersiens. Daar was net een soos jy.”

Mense het op Twitter hulde gebring en medelye gedeel:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment