Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Dominique Botha wen Eugène Maraisprys vir Valsrivier, Marlene van Niekerk ontvang Hertzogprys vir Kaar

Die gesogte Hertzogprys, ‘n jaarlikse toekenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan ’n Afrikaanse literêre werk van hoogstaande gehalte, gaan vanjaar aan Marlene van Niekerk vir haar uitstaande digbundel Kaar wat in November verlede jaar by Human & Rousseau verskyn het. Van Niekerk se eerste bundel in dertig jaar dek ‘n verskeidenheid temas, van liefde tot sosiale vraagstukke, en getuig van sensitiewe deernis met die betrokke onderwerpe.

ValsrivierKaar

Die Akademie het ook aangekondig dat die Eugène Maraisprys vir eerste of vroeë letterkundige werk aan Domenique Botha se debuutroman Valsrivier toegeken word. Botha se roman is gegrond op gegewens uit haar grootwordjare en vervleg feit met fiksie in ‘n poging om haar begaafde broer se dood te verwerk. Die boek is ook in Engels beskikbaar as False River en eindig met ‘n aangrypende roudig deurtrek met emosie.

Jo Prins, Media24 se boekeredakteur, het die nuus op Twitter bekendgemaak:

Baie geluk aan beide hierdie skrywers!

Boekbesonderhede

Foto’s te danke aan Random House Struik en Versindaba

 

Please register or log in to comment