Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

KKNK 2014: Ilza Roggeband lig hoogtepunte op die boekprogram uit

VoorskootNoot vir doodGod se oë is blouI-TjiengGerookEk's g'n slams
James Bond, OntblootOraniaBomskokA Rumour of SpringLaaste dans, Drienie Byleveld

Vanjaar vier feesgangers op Oudtshoorn die twintigste bestaansjaar van die ABSA KKNK. Ilza Roggeband, gesoute joernalis en outeur van Noot vir dood, is verantwoordelik vir die opwindende Stories en Skrywers-been van die program “waar bibliofiele en alle lesende siele hul gunstelingskrywers kan kom ontmoet”. Naomi Meyer het met haar gesels om te hoor waarna boekliefhebbers kan uitsien.

Roggeband verduidelik ook hoe die boekprogram saamgestel is, waaroor daar op vanjaar se fees gesels gaan word en die praktiese aspekte van die fees. “Die hele program [...] word by die ATKV Karoo Kafee aangebied, wat by Arbeidsgenot is (Jan van Riebeeckweg 217). Toegang is gratis.”


Enige boeke of geleenthede wat julle hier wil uitsonder?

Dis moeilik om net een uit te sonder, maar die gesprekke waarna ek baie uitsien is die gesprek Sondag om 12:30 met Abel Pienaar (God se oë is blou) en Koos Kombuis (I-Tjieng: ’n GPS vir Verdwaalde Siele) met die tema “Wat is jou rigtingwyser?”, en die gesprek met Simon Bruinders, Eldrige Jason en Fatima Osman met die tema “Word almal se Afrikaanse stories vertel?”. Dan sien ek ook uit na Dinsdag se gesprek, “Die wetenskap agter misdaad”, waar ek met Heinz Mödler (James Bond, ontbloot) en baasspeurder Piet Byleveld praat oor misdaad in die werklike lewe en hoe dit in boeke en flieks weergegee word. En ja, die gesprek oor Michael Hammond en Hanlie Retief se boek oor Orania, en ook die een met Tinus Horn en Elle Roux se boeke wat die sexy kant van Afrikaans wys. O, en natuurlik die gesprek oor kookboeke en die een met Max du Preez en die een met Steve Hofmeyr oor sy nuwe boek. Daar is eintlik nie een gesprek waarna ek nié uitsien nie!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment