Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Marlies Taljaard resenseer Die afwesigheid van berge deur Louis Esterhuizen

Die afwesigheid van bergeUitspraak: goue wortel

Louis Esterhuizen se nuwe bundel, Die afwesigheid van berge is ʼn eerlike, diepgaande ontginning van die kollektiewe Suid-Afrikaanse psige, maar terselfdertyd is dit ʼn konfrontasie met die donkerste skagte van die self. Die teks is geweef op ʼn mat van bekende en minder bekende teksfragmente en intertekste – die belangrikste waarskynlik Psalm 121 waaraan die titel ontleen is. In die Ou Vertaling klink dié psalm só:

Op pad

ʼn BEDEVAARTSLIED

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment