Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Kortlyste vir die 2013/2014 Universiteit van Johannesburg-pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans aangekondig

Dit gebeur nie aldag dat ‘n skrywer in dieselfde jaar ‘n finalis vir ‘n Engelse én Afrikaanse Universiteit van Johannesburg-prys is nie – maar Dominique Botha het vanjaar dít reggekry.

Botha is op die kortlys vir die Engelse UJ Debut Prize vir False River en het die kortlys vir die Afrikaanse UJ-debuutprys gehaal met die Afrikaanse weergawe van die roman, Valsrivier. Botha het vroeër vanjaar die Eugène Maraisprys vir Valsrivier ontvang en False River is ook op die Sunday Times Fiction Prize-kortlys. Saam met haar op die UJ-debuutpryskortlys is Nathan Trantraal (Chokers en Survivors) en Cas Wepener (Dubbelfoto).

Marlene van Niekerk se digbundel Kaar, wat vroeër vanjaar die Hertzogprys gewen het, is op die kortlys vir die UJ-hoofprys. Eben Venter se roman Wolf, wolf, waarvan die Engelse weergawe op die Sunday Times Fiction Prize-kortlys is, is ook vir die UJ-hoofprys benoem. Francois Loots (Rooi Jan Alleman), Etienne van Heerden (Klimtol), Wilma Stockenstrom (Hierdie mens) sluit by hulle aan.

Hier volg ‘n uiteensetting:

ValsrivierChokers en survivorsDubbelfoto

Debuutprys
– vir skeppende skryfwerk in Afrikaans

Valsrivier deur Dominique Botha (Umuzi)
Chockers en survivors deur Nathan Trantraal (Kwela)
Dubbelfoto deur Cas Wepener (Protea)

Rooi Jan AllemanHierdie mensKlimtolKaarWolf, Wolf

Hoofprys
– vir skeppende skryfwerk in Afrikaans

Rooi Jan Alleman deur Francois Loots (Umuzi)
Hierdie mens deur Wilma Stockenstrom (Human & Rousseau)
Klimtol deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
Kaar deur Marlene van Niekerk (Human & Rousseau)
Wolf, wolf deur Eben Venter (Tafelberg)

Die UJ-pryse is oop vir voorleggings van enige genre. Terwyl die Engelse kortlyste net uit romans bestaan het, blyk daar ‘n beter balans tussen romans, digbundels en kortverhaalbundels onder die Afrikaanse genomineerdes te wees.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment