André Brink bring hulde aan Nadine Gordimer (1923 – 2014)
Nobelpryswenner vir Letterkunde Nadine Gordimer het verlede week op die ouderdom van 90 jaar in haar huis in Johannesburg stil heengegaan. André P Brink het ‘n ontroerende huldeblyk aan haar geskryf waarin hy Gordimer se merkwaardige pad deur sy lewe vereer.
“Daar is nie baie ander mense vir wie ek dié omslagtige pad sou aangepak het nie, maar dit is die minste wat Nadine verdien,” skryf Brink en onthou hul jarelange vriendskap. Hy sluit af met ‘n kwellende gedagte oor haar werk: “Partykeer is dit net ’n enkele reël wat mens ’n leeftyd kan besig hou: ‘Who of us can know, what it means to love?’ Miskien is dit waarheen alles wat sy ooit geskryf het, uiteindelik terugkeer.”
“If Nadine could have seen you now,” het Karina gesê toe sy ’n paar minute gelede hier inkom waar ek langbeen in ons bed sit met die rekenaar op my skoot en pik-pik soos ’n brandsiek hoender met een vinger op ’n slag om van een toets na die volgende my pad te vind deur ’n wildernis van dertienhonderd woorde oor dié merkwaardige mens se pad deur my lewe. Daar is nie baie ander mense vir wie ek dié omslagtige pad sou aangepak het nie, maar dit is die minste wat Nadine verdien.
As ek op Karina se opmerking moes reageer, sou ek my heel eerste kon voorstel hoe Nadine oor die prentjie sou skaterlag: want hoe seer sy ook al as doodernstige mens beskou is, kon niemand ooit haar humorsin onderskat nie.
Boekbesonderhede
- Lying Days deur Nadine Gordimer
EAN: 9780747559931
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- None to Accompany Me deur Nadine Gordimer
EAN: 9781250007711
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Life Times: Stories 1952 – 2007 deur Nadine Gordimer
EAN: 9780747596189
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- On the Mines deur David Goldblatt, Nadine Gordimer
Boek se tuisblad
EAN: 9783869304915
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Telling Times: Writing and Living, 1950-2008 deur Nadine Gordimer
EAN: 9781408800966
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- No Time Like the Present deur Nadine Gordimer
EAN: 9781770102590
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- A Guest of Honour deur Nadine Gordimer
EAN: 9780747559887
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- July\’s People deur Nadine Gordimer
EAN: 9780747578383
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- A World of Strangers deur Nadine Gordimer
EAN: 9780747559986
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Photo courtesy Victor Dlamini
Please register or log in to comment