Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NG Kerk staak ondersoek na Solly Ozrovech

Solly Ozrovech Dagbeplanner 2014Vroeër die jaar is menigte lesers geskok deur die anonieme aantuigings dat Solly Ozrovech, een van Suid Afrika se grootste Christelike skrywers, jong seuns gemolesteer het by die Ugieweeshuis waar Ozrovech destyds as direkteur gedien het.

Hierdie onthullings het gelei tot die onttrekking van al Ozrovech se boeke van Christelike Uitgewers Maatskappy (CUM) se winkelrakke, ’n stap wat, volgens die maatskappy, slegs tydelik sou wees totdat uitsluitsel oor sy onskuld gevind kan word.

Intussen het ondersoeke voortgegaan, tot nadeel van die die 88-jarige skrywerdominee se gesondheid. Hierdie ondersoek is egter Vrydag amptelik gestaak met die volgende verklaring deur die NG Kerk se ondersoekliggaam:

“Vanweë die fisieke en psigiese onvermoë van ds. Ozrovech om aan homself reg te laat geskied in ’n ondersoek, was dit nie vir die ondersoekliggaam moontlik om die ondersoek te voltooi volgens die kerkordelik-voorgeskrewe prosedure nie”

Só berig Sonja Carstens en Jana van der Merwe in Rapport. Lees hul artikel, waar hul ook met die beweerde slagoffers gesels:

Die NG Kerk het sy ondersoek gestaak na ds. Solly Ozrovech (88) se beweerde molestering van minstens vier weeskinders dekades gelede.

Die ondersoekliggaam van die ring van Bellville het Vrydag in ’n verklaring gesê hulle kan geen bevinding oor die skuld of onskuld van Ozrovech maak nie.

“Vanweë die fisieke en psigiese onvermoë van ds. Ozrovech om aan homself reg te laat geskied in ’n ondersoek, was dit nie vir die ondersoekliggaam moontlik om die ondersoek te voltooi volgens die kerkordelik-voorgeskrewe prosedure nie,” lui die verklaring wat deur ds. Charl Stander, voorsitter van die ondersoekliggaam, uitgereik is.

Volgens hom is dié besluit oor Ozrovech se “onvermoë” gebaseer op ’n deeglike neuro-psigologiese assessering en psigiatriese evaluering deur twee deskundiges onderskeidelik verbonde aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit Stellenbosch.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment