Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wenners van die 2014 ATKV-Woordveertjies aangewys

 
Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 12 September by D’Aria in Durbanville aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die sewende keer aangebied.

Sestien Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

Die gasvroue vir die aand was Elana Afrika-Bredenkamp en Rolanda Marais en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van feesviering en woordkuns te bied. Hennie van Greunen was die regisseur.

’n Man van min belangChokers en survivorsDriehoekTe eenders, te andersKobra

 

  • Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Carina Hanekom, Leti Kleyn en Madri Victor met die wenner: Driehoek – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers).
  • Die Prys vir Poësie is beoordeel deur Diana Ferrus, Danie Marais en Bernard Odendaal met wenner: Chokers en survivors – Nathan Trantraal (Kwela Boeke).
  • Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Sharon Becornie, Didi Potgieter en Kobie van Aswegen. Vanjaar se ATKV-Woordveertjie gaan aan: Te eenders, te anders – Elsa Winckler (Satyn).
  • Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Jerome Fortuin
    en Thys Human met die wenner: Kobra – Deon Meyer (Human & Rousseau).
  • Die Prys vir Dramateks is beoordeel deur Saartjie Botha, Juanita Swanepoel en Wim Vorster met die wenner: Rondomskrik – Rachelle Greeff.
  • Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Leon de Stadler en Rufus Gouws met die wenner: Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Deel XIV, S – SKOOI (2013) – Uitgegee deur die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
  • Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan Reading for Life:

    In ʼn Bolandse gemeenskap geteister deur ongeletterdheid, gebrek aan tersiêre opleiding en talle tienerswangerskappe, maak die “Reading for life”-program ʼn unieke verskil deur leesgeletterdheid en die gevegkuns te kombineer. Die “Reading for life”-program versoen karate en boeke ten einde kinders aan te moedig om geletterde gemeenskapslede te word wat lief is vir lees en leer en met selfvertroue verantwoordelikheid vir hulle lewens neem.

* * * * * * * *

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2014:

Bomani Meerkat en die veer van vriendskapProfessor Fungus en die skrikwekkende snotzillaStalmaats 14: RivierperdeSpringGerook

 
In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

  • Voorleeskategorie: Graad RR – 1
    Skrywer: Ewald van Rensburg (Christelike Media Publikasies) – Bomani Meerkat
    Illustreerder: Tanja Joubert (Christelike Media Publikasies) – Bomani Meerkat
  • Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
    Skrywer: Jaco Jacobs (Lize Roux) (LAPA Uitgewers) – Stalmaats: Rivierperde
    Illustreerder: Celeste Vlok (LAPA Uitgewers) – Bastian Blom en die woedende weerwolf
  • Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
    Skrywer: Eldridge Jason (LAPA Uitgewers) – Gerook
* * * * * * * *

Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die prysuitdeling getweet met die hutshekkie #Woordveertjies:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment