Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

kykNET-Rapport Boekpryse 2014 kortlys aanggekondig met onder meer Dominique Botha, Karel Schoeman en Jaco Jacobs

Rapport en kykNET het in April ‘n groot aankondiging gemaak: die totstandkoming van ‘n nuwe literêre toekenning vir Afrikaanse boeke, die kykNET-Rapport Boekpryse. “Drie kategorieë in Afrikaans sal bekroon word vir die beste: volwasse roman (R200 000); niefiksie-boek (R200 000); roman of niefiksie-boek met die meeste rolprentpotensiaal (R100 000),” het Rapport berig.

Groot herrie het vroeër vanjaar geheers na die aankondiging dat die gesogte M-Net-pryse afgeskaf sal word, ‘n toekenningsgeleentheid wat erkenning aan inheemse tale soos Ndebele en Setswana gebied het. Hierdie ‘nuwe’ prys, wat poog om die gaping te vul, bied tog opwinding in die Afrikaanse boekwêreld, met die rolprentpotensiaal-kategorie wat veral belofte inhou.

 

Die kortlys is pas aangekondig en sluit min verrassings in. Dominique Botha het in 2014 so te sê op die pryspodium geboer en ding nou teen Eben Venter en Etienne van Heerden mee om dalk nog ‘n prys op haar kerfstok te voeg: Die 2014 kykNET-Rapport Boekprys vir Fiksie. Albert Grundlingh en Bill Nasson; Karel Schoeman en Dana Snyman is onderskeidelik genomineer vir die 2014 kykNET-Rapport Boekprys vir Nie-Fiksie terwyl Jaco Jacobs, Marlize Hobbs en Zirk van den Berg sal moet wag tot November om te hoor aan wie die R100 000 kykNET-Rapport Boekprys vir die boek met die grootste rolprentpotensiaal gaan.

Hier volg die persverklaring:

* * * * * * * *

Die kykNET-Rapport Boekpryse het ten doel om leeslus aan te wakker deur groter erkenning en blootstelling te gee aan interessante en innoverende fiksie en feite in Afrikaans.

In die eerste bestaansjaar van die prys is 54 inskrywings ontvang. Die keurders was verras deur romans wat die verbeelding aanvuur, wat in tema die nuwe aandurf en in taalgebruik die reikwydte van Afrikaans vergroot. Die verdieping en verbreding van ons begrip van die wêreld by die niefiksie-inskrywings het ook waardering ontlok.

Die wenners van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse vir fiksie en niefiksie ontvang elk R200 000 en die wenner van die Filmprys R100 000.

Die kortlys vir 2014 lyk soos volg:
 

ValsrivierKlimtolWolf, Wolf

 
FIKSIE

 

Die Oorlog Kom Huis ToeHere en boereOnder die radar

 
NIEFIKSIE

 

Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan wordScore my 'n gwai’n Ander mens

 
FILM

 

Die wenners word op Vrydagmiddag, 21 November 2014 by ’n geselligheid in Kaapstad aangekondig.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment