Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Video: Skrywers lees gunsteling Afrikaanse verse, stem vir Breytenbach se Rooiborsduif as mooiste

Suid-Afrikaanse en Nederlandse skrywers het onlangs by ‘n geleentheid in Nederland, wat onder die vaandel van die Bibliotheek Den Haag se “Writers Unlimited Series” gehou is, byeengekom om hul gunsteling Afrikaanse gedigte voor te lees. Aan die einde van die geleentheid is die “mooiste Afrikaanstalige gedicht aller tijden” aangewys, gekies deur diegene teenwoordig.

'n Fontein voor ons deurThe UnsaidKlimtolSirkusboere
VerweefskrifYsterkoei-bluesGroundworkVersamelde Werke

Robert Dorsman, Tineke de Nooij, Marita van der Vyver, Richard de Nooy, Etienne van Heerden, Toef Jaeger, Sonja Loots, Kirby van der Merwe, Anne van Veen en ‘n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering (om President Zuma se keuse te deel) het almal gedigte voorgelees en bespreek, en na die afloop van die formele program is die gehoor genooi om hul eie keuses voor te lees, sou hul wou.

Antjie Krog en Breyten Breytenbach se gedigte was veral gewild, met verse deur Rustum Kozain, Elizabeth Eybers, Ronelda Kamfer, Vincent Oliphant, George Weideman en Ingrid Jonker wat ook voorgedra is. Kyk na ‘n video-opname van die aand se feestelikheid waar Afrikaanse poësie behoorlik gevier is. Die afgevaardigdes lees in Afrikaans sowel as Nederlands:

YouTube Preview Image

Aan die einde van die aand is Van Heerden se nominasie, Breytenbach se “Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif”, gekies as die vergadering se mooiste Afrikaanse gedig van alle tye:

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
ek hy kleur my boodkap so bruin oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

 
Ina Strydom het hierdie gedig op RSG voorgelees. Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment