Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Program vir die 2014 Prins Albert Leesfees met Francois Smith, Eldridge Jason en Daniel Hugo en nog (7 – 9 November)

 
Die Prins Albert Leesfees, tans in sy derde jaar, vind vanjaar plaas van 7 tot 9 November. Die 2014 Leesfees-program sluit beide Engelse en Afrikaanse skrywers in, asook spesiale lees-en-skryfprogramme vir skoliere. Die fees word die Vrydagaand amptelik geopen by die Jans Rautenbach Schouwburg waar die meeste geleenthede sal plaasvind.

Marlene Malan skryf in Die Hoorn dat die 2014 Prins Albert Leesfees die land se “topskrywers en talle veelbesproke boeke en onderwerpe gelok” het:

Dit sluit in Francois Smith, wie se Kamphoer onlangs gepubliseer is; asook Dennis Cruywagen met Brothers in War and Peace oor die bekende tweeling Constand en Abraham Viljoen; Thomas Mollett met Bloody Lies oor die onopgeloste en opspraakwekkende moord op Inge Lotz; Eldridge Jason met Gerook, wat handel oor bendes sowel as drank- en dwelmverslawing; Marthie Maré met Legkaart van jou gesig/ Your Face Puzzle oor die invloed van jou gelaatstrekke op jou persoonlikheid; Carol Campbell met Esther’s House, ’n roman oor die agterplaasbewoner Esther Gelderblom van Oudtshoorn; die volkekundige en kultuurkenner Mathilda Burden met haar boek Ou-Kaapse Meubels; Daniel Hugo met sy vertaling van die digbundel Die Roebaijat van Omar Khajjam; asook besprekings van onder meer die nuwe roman van Marguerite Poland, The Keeper, wat deur Hugo as Die Bewaker vertaal is.

 
Hier volg die voorlopige program vir die 2014 Prins Albert Leesfees:

ZitaGerookBrothers in War and PeaceSuurlemoen!KamphoerDie roebaijat van Omar KhajjamDie bewakerThe Keeper
'n Huis vir Ester Esther's HouseHeartfruitBlack ButterfliesBloody Lies
This Must be the PlaceOu-Kaapse Meubels – Studies in styleFinding My Own Way...to Happy Legkaart van jou gesigYour Face Puzzle

Vrydag, 7 November

  • Boeke gee jou vlerke
    Anzil Kulsen, Mia Oosthuizen en Eldridge Jason gesels met leerders van Hoërskool Zwartberg.
    The Showroom Theatre
    08:00 – 09:00 en 09:30 – 10:30
    Mia Oosthuizen en Anzil Kulsen gesels met Prins Albert Primêr-leerders in die St John’s Kerksaal
    11:00 – 12:00

Saterdag, 8 November

  • Boekgesprek
    Marthie Maré in gesprek met Marlene Malan
    Jans Rautenbach Schouwburg
    09:00 – 10:00
  • Gerook
    Met Eldridge Jason
    The Showroom Theatre
    10:00
  • Kamphoer
    Francois Smith bespreek sy roman.
    Jans Rautenbach Schouwburg
    12:00 – 13:00
  • Gesprek oor vertaling
    Met Daniel Hugo, Kirby van der Merwe en Frederik de Jager
    Jans Rautenbach Schouwburg
    15:30 – 16:30
  • Ou Kaapse Meubels
    Bekendstelling van Matilda Burden se boek, met Mary Anne Botha
    Jans Rautenbach Schouwburg
    17:00 – 18:00
  • Black Butterflies
    Paula van der Oest se Nederlandse film gebaseer op Black Butterflies, ’n vertaling van Ingrid Jonker se poësie
    The Showroom Theatre
    20:00

Sondag, 9 November

  • Bloody Lies
    Thomas Mollett in gesprek met Marlene Malan en Frederik de Jager
    Jans Rautenbach Schouwburg
    10:45 – 11:45
* * * * * * * *

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment