Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wenners van die 2014 kykNET-Rapport Boekpryse aangekondig – “Boeke maak saak”

Die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is “meer as welkom” verklaar deur alle betrokke partye tydens ‘n intieme prysuitdelingsfunksie waar die wenboeke aangekondig is by die Westin Hotel in Kaapstad.

Wolf, WolfDie oorlog kom huis toe’n Ander mens

 
Eben Venter, wenner van die Fiksieprys vir sy roman Wolf Wolf, het in sy toespraak genoem dat hy onlangs ‘n loopbaanskuif gemaak het – hy staan nie meer agter die kospotte in Melbourne nie – en het dus nie geweet hoe hy sy volgende boek sou finansier nie. “Hierdie prys is die cherry op die koek vir my,” het hy vlugtig in ‘n onderhoud aan Bravo TV gesê. Venter het genoem dat hy met die skryf van hierdie boek agter gekom het dat hy besig is met temas wat baie na is aan sy eie vlees en been, maar hy het homself vryheid gegee om voort te gaan daarmee. Hy het diegene verantwoordelik vir die R200 000 belastingvrye-tjek wat nou in sy sak is, hartlik bedank vir die erkenning van sy werk. Louise Viljoen, een van die beoordelaars van hierdie kategorie, het beklemtoon dat Wolf Wolf nog lank ‘n impak gaan maak op Afrikaanse letterkunde.

Bill Nasson en Albert Grundling, gesamentlike wenners van die Nie-fiksieprys vir Die oorlog kom huis toe, het hul medewerkers en uitgewer bedank en vir kykNET en Rapport uitgesonder vir die enorme eer wat hul aangedoen is.

Kerneels Breytenbach het ter bekendstelling van die prys vir die mees filmiese roman genoem dat die visuele aspekte van ‘n roman dikwels misgekyk word wanneer belonings uitgedeel word. Hierdie prys poog om boeke wat goed sal werk op die silwerskerm ‘n hupstoot te gee. “‘n Rolprent is afhanklik van ‘n aangrypende storie,” het Herman Binge, een van die beoordelaars, gesê en Zirk van den Berg, nog moeg na sy lang vlug van Nieu-Seeland, geluk gewens dat sy boek dit in ‘n merkwaardige mate regkry. Van den Berg se boek is nie net verhaalgedrewe nie, maar ook karaktergedrewe, het Binge genoem en gesê hy sien reeds dié woorde op die rolprentplakaat: “Niemand gaan jou kry nie, want ek gaan jou vermoor”.

Van den Berg het ’n Ander mens al tien jaar gelede geskryf en is dus aangenaam verras dat juis hierdie boek van hom só ‘n prys ontvang, het hy heel verbaar gesê.

Hettie Scholtz, sameroeper van die kykNET-Rapport Boekpryse, het ter afsluiting genoem: “Hierdie pryse is ‘n manier om te sê boeke maak saak. Skrywers maak saak. En dan dat die intellektuele hoogvlug steeds gekoester moet word.”

Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die geleentheid getwiet:


Persverklaring

Die wenners van die nuwe kykNET-Rapport Boekpryse is aangekondig by ’n middagete in die Westin Hotel in Kaapstad op Vrydag, 21 November 2014.

Drie kontantpryse met ’n gesamentlike waarde van R500 000 is toegeken aan die volgende boeke wat in 2013 verskyn het:

Alle uitgewerye wat boeke in Afrikaans publiseer, is genooi om boeke voor te lê. Uitgewers is gevra om in die fiksiekategorie boeke voor te lê wat in tema die nuwe aandurf, in taalgebruik die reikwydte van Afrikaans vergroot, in diepgang meer as een lesing inhou, en wat die groot gesprek van die Afrikaanse en wêreldletterkunde verder voer op ’n manier wat die geïnteresseerde leser nie agterlaat nie.

In die niefiksiekategorie is hulle gevra om boeke voor te lê wat noodsaaklike leesstof is vir die verbreding van ons begrip van die wêreld, boeke wat spreek van grasie en empatie, of andersyds, wat die onwillige begryper skok tot nuwe insig. Boeke wat kan saamgesels met die beste in die wêreld.

Wat die filmkategorie betref, moes dit gepubliseerde romans met potensiaal om verwerk te word in ’n draaiboek wees, verhale met ’n sterk narratief, veelkantige en veral onthoubare karakters en, uit die aard van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf, dié wat kommersieël vatbaar sou wees.

Uit ’n oes van 54 voorleggings het die volgende skrywers die kortlyste gehaal:

 

ValsrivierKlimtolWolf, Wolf

 
FIKSIE

 

Die Oorlog Kom Huis ToeHere en boereOnder die radar

 
NIEFIKSIE

 

Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan wordScore my 'n gwai’n Ander mens

 
FILM

 

Die beoordelaars wat voor moeilike keuses gestel is in die besonder sterk kortlys, was prof Thys Human van Noordwes-Universiteit, prof Louise Viljoen van Universiteit Stellenbosch, prof Steward van Wyk van die Universiteit van Wes-Kaapland en regisseur Gerrit Schoonhoven in die fiksiekategorie. In die niefiksiekategorie het prof Herman Wasserman van die Universiteit van Kaapstad, Irna van Zyl van New Media, Mike van Graan van die African Arts Institute en Herman Binge van Lion’s Head Productions behoorlik kopgekrap oor die voorleggings vir niefiksie. Besluite oor voorleggings in die filmkategorie is geneem deur Herman Binge en Gerrit Schoonhoven.

Hierdie pryse is ’n belegging in Afrikaanse skrywers en letterkunde, ’n afdeling van die kunste wat ons land se kultuur onmeetbaar verryk. In ’n tyd waarin die voortbestaan van die boek op alle kontinente kommer wek, stroom die Afrikaanse inskrywings vir 2015 se toekennings reeds in.

Einde

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment