Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Orde van die Goue Pen en Orde van die Beiteltjie toegeken vir bydrae tot bevordering van Afrikaanse woordkuns

Cordis Trust het hierdie week erkenning aan 25 mense gegee vir hul bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse woordkuns:

Dr Fanie Marais is sedert 1990 aktief betrokke by die bevordering van Afrikaanse woordkuns met veral klem op ontluikende woordkunstenaars. Dit het in 2000 die oprigting en befondsing van Cordis Trust met slagsin uit die hart tot gevolg gehad met oogmerke deernis-, Afrikaanse woordkuns- en geestelike projekte. Met die aanbreek van 2015 kyk hy terug op 25 jaar van persoonlike betrokkenheid, waarvan 15 jaar as uitvoerende trustee van Cordis Trust. By die geleentheid word talle orde-toekennings gedoen.

Een van die mikpunte van die Cordis Trust is die bevordering van die Afrikaanse taal deur skeppende werk in die dig-, prosa-,drama-, lirieke en beeldende kuns en kultuurbevordering te fasiliteer, aan te moedig, te beloon, toegang tot publikasie te verleen en talentvolle potensiaal te identifiseer en ontwikkel.

Marais, namens Cordis Trust, het die vroeër week die name bekend gemaak van diegene wat eersdaags die Orde van die Goue Pen en Orde van die Beiteltjie in ontvangs sal neem.

StigmataEk kies steeds die kerkIn a Burning SeaIn die niks al omWoorde roes in die water
Briewe uit die TankwaPruimtwak en skaduboksersNaleweOorlopersVan sprokie tot tragedie in die kollig

 
Die Orde van die Goue Pen word toegeken vir buitengewonde langtermyn bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse woordkuns en word ontvang deur:

  • Francis Galloway – Uitgebreide ervaring in letterkundenavorsing en as akademiese uitgewer. Kundige op die gebied van Boekstudie/Boekgeskiedenis. Geesteswetenskapppe-redakteur by LitNet
  • Tom Gouws – Akademikus, digter/skrywer, keurder/resensent, geestelike- en gemeenskapsbetrokkenheid
  • Neels Jackson – Ervare joernalis, digter, fotograaf. Tans redakteur van Kerkbode
  • Marlise Joubert – Digteres, kunstenares, boeksamesteller en die mede-stukrag in Versindaba
  • Magdaleen Kruger – Stasiebestuurder: RSG. Beplanning van o.a. toonaangewende woordkunsprogramme

Die Orde van die Beiteltjie word toegeken vir deurlopende ywer in die bevordering van die Afrikaanse woordkuns en word ontvang deur:

  • Uysie Alberts – Ywerige fotograaf (My Land SA ) en digkuns (Puur Plesier)
  • Nini Bennett – Digteres en Carpe Noctem Digakademie
  • René Bohnen – Digteres, Mentor
  • Marie Bredenkamp – Digteres, Splinters en Sprokkelhout en Puur Plesier
  • Kobus Burger – RSG Drama
  • Annalie Calitz – Digteres en gemeenskapsbetrokkenheid
  • Clinton du Plessis – Digter
  • Rev Roy Glover en Susan – Bethesda gevangenisbediening en publikasies
  • Lisa Hanggli – SA gebore operasangeres in Zurich. Skepper van mondverse, toonsettings van Afrikaanse gedigte
  • Martin Jansen – Radio Pretoria, bevorderaar van woordkuns
  • Leti Kleyn – bekende in woordkunsbevordering en aktief in gemeenskapsbetrokkenheid
  • Jopie Koen – Teater en gemeenskap
  • Helena Liebenberg – Taalkundige, navorser in die brontaal en Tracing History Trust
  • Myra Lochner – Kreativ SA uitgewer, skryfterapie en gemeenskapswerker. Outeur van Wonder
  • Danie Marais – Digter, Bestuurder PEN Afrikaans
  • Mellet Moll – Stigter Carpe Noctem digbevordering, debuut drieluik 2014 Heilige Meetkunde, Swanesange en Nalewe
  • Jo Prins – Boekeredakteur
  • Ian Raper – Akademikus, digter (Oorlopers) , aktiewe bevorderaar van digkuns en uitgewer Rosslyn Pers
  • Ilse Salzwedel – Skrywers en Boeke, RSG
  • Lieze Stassen – Sangeres
  • Gisela Ullyatt – Akademikus en aktiewe bevorderaar van Afrikaans op verskillende platforms

 

* * * * * * * *

 

Wat dink jy van hierdie toekennings? Gesels saam in die komentaarblokkie hieronder of op Facebook of Twitter.

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment