Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Fiëstas 2015 vereer Adam Small, Wilma Stockenström en Philip de Vos

 
Aandag! Adam Small, Wilma Stockenström en Philip de Vos is gisteraand by die jaarlikse Fiëstas vereer vir hul lewenslange bydrae tot woordkuns.

GoreeKlawerjasDie kremetartekspedisieHierdie mensMallemeulemanKop op \'n blok

 
“Die Fiëstas word beskou as die vertoonvenster van Afrikaanse talent waar akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars vir hul uitnemende werk van die afgelope jaar vereer word,” skryf kykNET op hul webtuiste.

Volledige lys wenners:

  • Gewildste fees: Aardklop
  • Beste aanbieding: Bloed en Rose (Aardklop)
  • Beste regisseur: Marthinus Basson – Bloed en Rose (Aardklop)
  • Beste aktrise: Rolanda Marais – Dogma & Die Seemeeu (KKNK & Aardklop)
  • Beste akteur: Albert Pretorius – Die Seemeeu & Playland (Aardklop & Suidoosterfees)
  • Blou Stoel: Saartjie Botha vir die vertaling en verwerking van Die Rolbalspeler en Die Seemeeu
  • Beste opkomende kunstenaar: Richard September – Rondomskrik (KKNK)
  • Teaterontwerp: Jaco Bouwer – Poskantoor & Samsa-masjien/ (Aardklop & KKNK)
  • Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie: Emo Adams – Finding Emo
  • Beste vroulike byspeler: Lee-Ann van Rooi – Rondomskrik (KKNK)
  • Beste manlike byspeler: Stian Bam – Bloed en Rose (Aardklop)
  • Beste solo-vertoning: Frank Opperman – Die klaagliedere van ds Tienie Benade
  • Beste prestasie in visuele kuns: Gerhard Marx – The Garden at Night (Aardklop)
  • Beste prestasie in klassieke musiek: Braam du Toit – Poskantoor (Aardklop) (komponis)
  • Beste musiekproduksie: – Emo Adams Finding Emo
  • Beste nuwe afrikaanse opvoering: – Christiaan Olwagen Dogma (KKNK)
  • Lewensbydrae vir Teater: Marius Weyers
  • Lewensbydrae vir Teater en Woordkuns: Prof Adam Small
  • Lewensbydrae vir Teater en Woordkuns: Wilma Stockenström
  • Lewensbydrae vir Musiek en Woordkuns: Philip de Vos

 

 

 

 
Lees Laetitia Pople se verslag oor die glansgeleentheid op Netwerk24:

Die swaargewig-drama­produksie Bloed en Rose: Die lied van Jeanne en ­Gilles is aangewys as die beste algehele aanbieding op verlede jaar se feeste. Met drie neem dit die voortou onder die kykNET-Fiësta-toekennings.

Die Fiëstas, wat prestasies op die Afrikaanse kunstefeeste ­vereer is Donderdagaand by ’n ­spoggeleentheid in die Kunstekaap oorhandig.

Die gasheer van die aand was Frank Opperman en die gehoor is vermaak met onder meer ’n optrede deur die Kaapstadse Stadsballet.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment