Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

’n Blik op Woordfees 2015: Die fees wat was

Vanjaar se Woordfees het vele opwindende gesprekke, werkswinkels en nuwe innovasies ingesluit. Books LIVE se Afrikaans- en adjunkredakteur het ons deurentyd op hoogte gehou van al die Woordfees-aksie. Volg dié skakel vir haar twiets:

Teferet Yisra’elStukke teaterMens dier dingTrekDie mond vol vuurVuilspel Monument
Language policy and the promotion of peaceDie enigma van Hendrik VerwoerdWorld War One and the People of South AfricaBiegbrief en ander verhaleIkarus

 
Die Woordfees het vanaf 6 tot 15 Maart plaasgevind en die internet het gegons met stories oor die groot verskeidenheid boekgeleenthede. Books LIVE het ’n paar skakels van ander nuusbronne versamel oor al die feestelikhede:

LitNet en Sanlam het die fees afgeskop met ’n poësieslypskool wat op Saterdag, 7 Maart by die Protea Hotel in die Tegnopark-kompleks plaasgevind het.

Mellet Moll het verslag gelewer oor die opwindende leerskool vir aspirantdigters:

Die gasheer vir die dag was die immergewilde Danie Marais en die program het bydraes van poësiekenners Lina Spies, Ronel Foster en Nini Bennett ingesluit.

Daar was deelnemers van alle ouderdomme en beroepe en die klem vir die dag was gerig op die deel van ervaring en kennis en die skryf en ontleding van Afrikaanse poësie.

Die geesdriftige deelnemers het die aanbieders vroeg reeds ingewag en moes vooraf hulle gedigte aan die paneel stuur vir bespreking deur die dag.

Laetitia Pople het die gesprek tussen Pieter-Dirk Uys en Marthinus Basson op Sondag, 8 Maart bygewoon. Basson het met die skrywer en dramaturg op die vooraand van sy 70ste verjaarsdag gesels oor sy lewenslange toewyding aan die kunste. Uys se jongste boek, Stukke teater, het vanjaar by Human & Rousseau verskyn.

Lees die artikel:

Uys se gesprek op die Woordfees met die regisseur Marthinus Basson het fasette van die die dramaturg en skrywer belig wat net kan uitstaan as mense mekaar al “300 jaar ken”.

“Ek was net te lui om te oefen, toe land ek in die teater. Sien, ek het gehoor middel-C is net die wit klawers toe dag ek dáár is my gehoor. Ek was nog altyd ’n one-man band,” skerts hy.

In sy eerste jaar van toneel aan die Universiteit van Kaapstad het Rosalie van der Gucht gesê hy had geen talent nie. “Wel, hier sit ek en dit is danksy onderwysers wat gesê het as jy glo jy kan, kan jy. Onderwysers sien die detail raak waarvoor ouers te besig is.”

Op Maandag, 9 Maart het die Woordfees hulde gebring aan die skrywer Marzanne Le Roux-Van der Boon. Willem de Vries het verslag gelewer oor dié besonderse geleentheid.

Lees die artikel:

Die ­Afrikaanse skrywer Marzanne le Roux-Van der Boon (75) is Maandag op die US Woordfees vereer met ’n oorsig van haar lewe en werk, waarvoor sy vroeër ook met die Patrick ­Petersen-prys bekroon is.

Die ouduitgewer Danie Botha en Susan Jordaan van Lux ­Verbi het met haar in die ­Boektent gesels.

Benewens haar romans, ­jeugverhale en rubrieke in die ­tydskrif Lééf (waarvan ’n keur as Lewensblik gebundel is), is sy bekend om haar sewe Israel-romans waar die skrywer ­ingaan op Joodse gebruike en verhale van Israel.

Die Woordfees het vanjaar ’n kontantlose omgewing op die feesterrein bekendgestel. Netwerk24 se Renaldo Schwarp het Maandag by feesgangers gehoor wat hulle van dié nuwe betaalkaart dink.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Woordfees-feesdirekteur Saartjie Botha het op Donderdag, 12 Maart gesê: “Ons is reeds by ons groot rekordverkope van verlede jaar verby voor die fees begin het.”

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Die Nederlandse digter en akademikus Alfred Schaffer het op Maandag, 9 Maart met die Vlaamse digter Paul Bogaert en die Nederlandse skrywer Rodaan Al Galidi in die Erfurthuis gesels. De Vries het verslag gelewer oor die opwindende gesprek.

Lees die artikel:

Elke jaar op die US Woordfees in Stellenbosch kry feesgangers insae in kreatiewe skryfwerk in ’n taalgebied ­waarvan die woordeskat met meer as twee ­derdes met dié van Afrikaans ­ooreenstem.

Die Stellenbosse akademikus Alfred Schaffer, self ’n bekroonde Nederlandse digter, bring jaarliks interessante en belangwekkende skrywers uit die Lae Lande hierheen. Vanjaar is die fees se gaste Paul Bogaert uit Leuven en ­Rodaan Al Galidi, ’n skrywer van die dorpie Zwolle en oorspronklik van Irak waar hy as boukundige ingenieur opgelei is.

Winnie Rust het op Vrydag, 6 Maart met Suzette Kotzé-Myburgh gesels oor haar werk en haar lewe. Die titel van die gesprek was “Vrouespore deur my dorp” en Naomi Meyer het voor die praatjie met haar daaroor gesels:

Hallo Winnie, jy praat van vrouespore deur jou dorp vanjaar by die US Woordfees. Hoekom vroue?

Ek is nie ‘n feminis nie – ek hou van mans, en daar is ook baie mans waaroor ek sou kon skryf.

By Martha, ’n verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford was dit die onbekendheid van ’n merkwaardige vrou van wie min mense kennis dra wat tot die roman gelei het. Martha – gebore Solomons – was/is die eerste bruin vrou met ’n titel. Sy was later jare bekend as The Black Countess. Ek wag nog vir ’n filmmaker om dié merkwaardige verhaal op film vas te lê!

Louise Viljoen, Francis Galloway, Bettina Wyngaard en Marga Stoffer het Woensdag, 11 Maart aan LitNet se Poolshoogte-gesprek deelgeneem oor die stand van Afrikaanse letterkunde 20 jaar na demokrasie.

Catrina Wessels het verslag gelewer oor die paneelbespreking wat in die Boektent plaasgevind het:

Ná apartheid was daar volgens Bettina Wyngaard ’n onsekere tydperk vir skrywers wat hul voete in ’n nuwe sosiopolitieke ruimte moes vind. Twintig jaar ná demokrasie ervaar sy steeds ’n gevoel van vervreemding en onbetrokkenheid by sommige skrywers. ’n “Betrokke” skrywer is volgens Wyngaard nie net een wat haar bemoei met die sosiale vraagstukke van die dag nie, maar dit doen ten einde ’n positiewe verandering te probeer teweegbring.

Dagbreek TV het by die Woordfees ingeloer en met Botha gesels oor die jaar se opkoms: “Dit het goed gegaan, ek dink ons grootste enkele probleem was ’n gebrek aan kapasiteit want hier is regtig baie meer mense as wat ons verwag het. Ons kaartjieverkope is die beste wat dit ooit was.”

Dagbreek het met feesgangers en kunstenaars gesels oor hul indrukke van vanjaar se fees. Die bekende akteur Chris van Niekerk het gesê: “Ek dink die Woordfees is meer gerig op die woord; dis vir my ’n ernstiger manier om met die woord om te gaan.”

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Maretha Maartens het tydens die profielaanbieding ter ere van haar werk gesels oor haar skrywerskap en het staaltjies uit haar kinderdae gedeel. De Vries het die geleentheid bygewoon:

Maretha sê sy is die produk van “fier, onafhanklike vroue”. Een van haar voorsate was ’n weduwee uit Denemarke, wat in 1669 na die Kaap gekom het en die eerste vrou was wat haar eie kaart en transport ontvang het.

Maartens, ’n Vrystater, se pa was ’n polisieman wat net st. 6 gehad het, maar dit is hy wat vir haar ’n tikmasjien gekoop het nadat hy hom van haar skryftalent vergewis het.

Die geskiedkundiges Hermann Giliomee en Bill Nasson het op Donderdag, 12 Maart hulde gebring aan Neville Alexander. Hulle het onder meer gesels oor Alexander se stryd teen sosiale en politieke kwessies.

Lees die artikel:

Vandag nog is sy beeld dié van besonderse, deurentyd-nederige intellektueel wie se menings steeds baie vir Suid-Afrika te sê het oor onder meer meertaligheid, nierassigheid en moedertaalonderwys.

Oor laasgenoemde sê Giliomee iets wat Alexander baie kwaad gemaak het, was die feit dat Afrikaanstalige onderwyskolleges ná 1994 almal Engelstalig geword het.

Esta Steyn is vanjaar deur die Woordfees vereer vir haar besonderse skryfwerk, onder meer die draaiboek van die immergewilde televisieprogram, Meeulanders. Danie Botha en Riana Barnard het met haar gesels tydens die profielaanbieding.

Lees die artikel:

Steyn het vertel van haar volharding en eindelik suksesvolle publikasie in die destydse Sarie Marais, asook haar vroeëre jare op dorpe soos Struisbaai en Montagu. En sy ­onthou haar kennismaking met rolprente in Montagu se Venus-bioskoop, ’n flieks soos ­Wizard of Oz. “Dit het ’n lewe van stories vir my oopgemaak,” het sy gesê.

Deon Meyer het vanjaar sy jongste boek, Ikarus, by die Woordfees bekendgestel. Tydens sy gesprek met Elmari Rautenbach het die skrywer gesê sy grootste vrees is dat mense sy boeke vervelig sal vind.

Lees die artikel deur Malani Venter:

Oor Stellenbosch en die wynbedryf in die boek

“Stellenbosch is ’n interessante plek vanweë sy geskiedenis, en ek praat nie net van sy geskiedenis van die 1600’s af nie, ek praat van sy geskiedenis van die afgelope 60 jaar . . . Dis vir my ’n interessante omgewing.

“Ek het begin krap aan die wynbedryf om onheile in die wynbedryf te soek, want jy kan nie ’n misdaadroman skryf oor ’n bedryf as daar nie onheile is nie. Ek het gedink ek gaan op niks afkom nie, maar ek moet sê ek het op baie afgekom.”

Vanjaar se Woordfees het die Twitter-wêreld aan die brand geslaan. Loer na die tydslyn van die hutshekkie #Woordfees2015:


 

 
Tot volgende jaar!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment