Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wen R15 000 en ’n gratis skryfskool met Deon Meyer in die 2015 BSV-Nasionale Skryfwedstryd

Aandag! Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse Nasionale Skryfwedstryd het pas afgeskop met R15 000 prysgeld op die spel.

IkarusSirkusboereProfessor Fungus en die jelliemonsters van MarsUitThomas@vrees.netTik

 
Dié kompetisie vind al sedert 1979 plaas en het al groot name in die Afrikaanse letterkunde opgelewer, onder meer Sonja Loots, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo en Piet Steyn.

Die katogoriewenners sal ook vanjaar op 22 Augustus ‘n slypskool bywoon, aangebied deur die bekroonde skrywer Deon Meyer wat onlangs sy jongste roman, Ikarus, vrygestel het.

“As jy nog altyd ‘n droom gekoester het om ‘n skrywer of digter te wees, is hierdie wedstryd vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes die gulde geleentheid om jou droom te verwesenlik,” skryf Corlietha Swart op LitNet.

Lees die artikel vir meer besonderhede:

Buiten vir die R15 000-prysgeld wat deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat as gewaardeerde vennoot geborg word, wisseltrofeë en sertifikate, is daar die vooruitsig vir alle kategoriewenners om op 22 Augustus vanjaar ‘n daglange gratis slypskool by die wêreldbekende en bekroonde skrywer, Deon Meyer, te deurloop. Die publiek is ook welkom om die slypskool by te woon. Boonop word alle weninskrywings en beoordelaarsverslae opgeneem in die publikasie, Inkvars 2015, wat met vrug deur stelwerkonderwysers in stelwerkklasse gebruik kan word.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment