Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Leopold Scholtz resenseer Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas deur Niel Barnard en Tobie Wiese

Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaasUitspraak: wortel

Wat uit die boek spreek, is iets wat joernaliste dikwels self meegemaak het, naamlik die Engelse spreekwoord “he doesn’t suffer fools gladly”. Barnard was duidelik ’n uiters ordelike en bekwame amptenaar, ontleder en spioenbaas, maar glad nie maklik in die omgang nie.

Dalk is dít die rede waarom hy – soos dit gehoort het – deur Botha gerespekteer en vertrou is. Dié vertrouensverhouding was ’n belangrike bydraende faktor om die land in dié moeilike jare op koers te hou.

Die joernalis Tobie Wiese het uitstekende werk verrig om die boek uiters glad en aangenaam te laat lees. Die eindproduk is iets wat tuishoort op die rak van elkeen wat in die politiek van die 1980’s belangstel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment