Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Video: Stephanus Muller vertel meer oor Nagmusiek, Arnold van Wyk en hoe goed hy as pianis was

NagmusiekStephanus Muller se UJ-debuutprys bekroonde boek het hom 13 jaar geneem om te voltooi. Dit is deels ‘n biografie, katalogus en akademiese referaat oor die lewe van Arnold van Wyk, ‘n Afrikaanse komponis wat wêreldwyd musiek gemaak het. Daarmee saam is dit ook die verhaal van sy fiktiewe biograaf, Werner Ansbach. Hierdie is ‘n enorme werk wat alle pogings tot genreklassifikasie ontwyk.

Muller, ‘n musiekwetenskaplike aan Stellenbosch Universiteit, het onlangs in die Flits-studio gekuier om met Yvonne Beyers te gesels oor hierdie epiese werk en die erkenning wat dit ontvang het. Hy deel hoe die idee ontstaan het, hoe hy navorsing gedoen het en wat hy merkwaardig gevind het in die proses.

“Alles wat ek oor Arnold van Wyk ontdek het was vir my nuus. Hy was ‘n buitengewone man en ek kon kyk na sy dagboeke, en ek kon kyk na sy briewe en ek kon kyk na sy musiek so, as ek moet sê watter soort goed was buitengewoon vir my … Ek het nie, dink ek, besef hoe ‘n goeie komponis hy is nie,” sê die skrywer. Die blik op die realiteit van ‘n homoseksuele man op daardie spesifieke tydstip in daardie spesifieke omgewing was ook vir Muller uiters interessant. Hy vertel ook oor die byna onsigbare lyn tussen feit en fiksie, en die spel wat storievertel verg.

Kyk na die onderhoud vir meer oor die man oor wie die boek gaan, asook die skrywer wat hierdie yslike taak aangepak het:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment