Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Deon Meyer weer aangewys as skrywer van die “Afrikaanse leesboek van die jaar” by 2015 Huisgenoot Tempo-toekennings

Aandag! Die wenners van die 2015 Huisgenoot-Tempo-toekennings is gisteraand aangekondig tydens ‘n glansgeleentheid by Emperors Palace, Johannesburg en Deon Meyer het wéér koning gekraai in die “Afrikaanse leesboek van die jaar”-kategorie.

Deon Meyer
Ikarus150 StoriesGemaklik in jou eie lyfIn die mond van die wolfBallade vir ’n enkelingWoord vir Woord

 
Meyer se jongste spanningsverhaal – Ikarus – is met die titel “Afrikaanse leesboek van die jaar” gekroon, terwyl Ballade van ‘n enkeling – die filmweergawe van Leon van Nierop se gelyknamige roman, die titel “Rolprent van die jaar” ontvang het. Donnalee Roberts (Pad na jou hart-medeskrywer) is aangewys as die “Aktrise van die jaar: Rolprent” vir haar rol in hierdie film.

Leandie du Randt, outeur van Gemaklik in jou eie lyf, is aangewys as die “Aktrise van die jaar – Drama, Sitkom” vir haar rol in Vlug na Egipte – die reeks gegrond op In die mond van die wolf deur Paul C Venter. 150 Stories-outeur Nataniël se program Die Nataniël Tafel het die prys vir die “TV-reeks van die jaar – Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies” ontvang. En dan laaste, maar nie die minste nie: Johan Stemmet, bekende en geliefde Noot vir Noot-aanbieder en outeur van Woord vir woord, het ‘n spesiale toekenning genaamd “Afrikaanse Erfenislater” ontvang vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans.

Meyer se voorlaaste roman, Kobra, het verlede jaar ook die “Afrikaanse leesboek van die jaar”-titel ontvang. Vanjaar is maar die tweede keer wat hierdie eer toegeken word, wat beteken dat Meyer sover skoonskip maak.

Baie geluk aan al die wenners!

 

  • Nuweling van die jaar: Adam Barnard – Ruk My tot Stilstand
  • Gospelalbum van die jaar: Danie Botha – Ge-anker
  • Kontemporêre album van die jaar: Riana Nel – Die Regte Tyd
  • Pop/sokkie-album van die jaar: Bobby van Jaarsveld – Maak ’n Wens
  • Musiekvideo van die jaar: Bobby van Jaarsveld – Een vir Een
  • Liedjie van die jaar: Bobby van Jaarsveld – My Alles
  • TV-reeks van die jaar – Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies: Die Nataniël Tafel
  • TV-aanbieder van die jaar: Emo Adams – Jou Show
  • TV-reeks van die jaar – Drama, Sitkom: Vallei van Sluiers
  • Akteur van die jaar – Drama, Sitkom: Nico Panagio – Vallei van Sluiers
  • Aktrise van die jaar – Drama, Sitkom: Leandie du Randt – Vlug na Egipte
  • Sepie van die jaar: Binnelanders
  • Sepie-akteur van die jaar: Hans Strydom – Binnelanders
  • Sepie-aktrise van die jaar: Brümilda van Rensburg – Binnelanders
  • Rolprent van die jaar: Ballade vir ’n Enkeling
  • Akteur van die jaar – Rolprent: Bok van Blerk – Leading Lady
  • Aktrise van die jaar – Rolprent: Donnalee Roberts – Ballade vir ’n Enkeling
  • Radio-aanbieder van die jaar: Rian van Heerden – Jacaranda FM
  • Leesboek van die jaar: Deon Meyer – Ikarus
  • Topverkoper-CD van die jaar: Riana Nel – Die Regte Tyd
  • Topverkoper-DVD van die jaar: Lollos 6 – Lalaland!
  • Afrikaanse Erfenislater: Johan Stemmet

 
Twitter het behoorlik gegons met die hutshekkie #Tempo2015:


 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment