Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Al die skrywers om na uit te sien by Pretoria se eerste Boekejol en Filmrolfees (26 – 29 Augustus 2015)

 
Pretoria gaan nie weet wat hom getref het nie!

Op Woensdag, 26 Augustus gaan Afrikaanse skrywers en sangers met mag en mening na die Jakarandastad stroom vir die Boekejol en Filmrolfees. Dia van Staden het in 2013 die fees in Polokwane aangebied en vanjaar het sy besluit om die geleentheid na Pretoria toe te bring.

Die fees sal plaasvind tot Saterdag, 29 Augustus en skop af die Woensdagaand met die BoekBohaai in die Atterbury Teater. Kaartjies kos R150 per persoon en die geleentheid begin stiptelik om 19:00.

Deur die week sal daar opwindende boekgesprekke plaasvind, wat met musiek gekombineer sal word.

Op Donderdag, 28 Augustus kan lesers al hul gunsteling skrywers op een plek ontmoet. Graffiti Lynnwood Bridge bied om 08:30 ‘n kuiersessie aan met byna al die skrywers wat by die fees gaan optree. Die geleentheid sal by die Parkview Barnyard plaasvind en kaartjies kos R120 per persoon.

Skrywers om na uit te sien sluit in: Irma Venter, Helene de Kock, Deborah Steinmair, Dana Snyman, Derick van der Walt, Schalk Schoombie, Eunice Basson, Charl-Pierre Naudé, Madelein Rust, Fransjohan Pretorius en nog vele, vele meer:

Uitnodiging na die 2015 BoekeJol en FilmRolfees

 
Daar sal ook individuele sessies met die skrywers wees, asook ‘n digkunsmaraton met Loftus Marais en Eunice Basson, gesprekke oor reis, media, kos en leefstyl.

Vir die volledige program, besoek die Boekejol en Filmrol-webtuiste, of volg die fees op Facebook en Twitter. Jy kan ook die program hier aflaai. Kaartjies is beskikbaar by Graffiti Lynnwood Bridge.

Besonderhede

  • Datum: Woensdag, 26 Augustus tot Saterdag, 29 Augustus 2015
  • Tyd: 19:00 op Woensdag, vanaf 08:00 op Donderdag, Vrydag en Saterdag
  • Plek: Atterbury Teater
    Daventryweg 4
    Lynnwood
    Pretoria | Padkaart
  • Plek: Parkview Barnyard
    Parkviewwinkelsentrum
    Hoek van Garstfontein en Netcarestraat
    Pretoria | Padkaart
  • Plek: Graffiti Lynnwood Bridge
    Winkel 4, Lynnwood Bridge
    Daventryweg 4
    Lynnwood Manor
    Pretoria | Padkaart
  • Plek: Graffiti Zambezi Junction
    Winkel 16, Zambezi Junction
    Breedtstraat 522
    Pretoria | Padkaart
  • Plek: City Lodge
    Lynnwood Bridge
    Daventryweg 4
    Lynnwood Manor
    Pretoria | Padkaart
  • Koste: Vanaf R45 tot R150 per sessie
  • RSVP: lynnwood@graffitibooks.co.za, 012 348 1835
  • Kaartjies beskikbaar by Graffiti Lynnwood Bridge

 

* * * * * * * *

 
Maroela Media het met Van Staden gesels oor wat lesers alles van vanjaar se Boekejol en Filmrol kan verwag. Luister na die potgooi:

 

Dit was nie ek nie!SondebokDebora en seunsMeer as een grensStippellynMoestasBambaduze
BoomkasteleKelderOepse daisyNuwe storiesLeiboomAl die lieflike dade
In die blou kampDie rykste man in BabilonEugene de KockDie potlooddief se bruid en ander storiesLandelikA History of South Africa
Oorlog-BeeldStiletto's van staalDie tuiskomsMonstersaadMens of monsterVan sprokie tot tragedie in die kollig
Op soek na God se hartWenplan vir die leweTerug na die Ou Testament...In gesprek met GodBlinde kol101 Dagstukke vir Laerskolerseen cappuccino en 'n creme soda, asseblief
Real Food - Healthy, Happy ChildrenOuhoutTussen heiningsKry my by die gewone plek aguurOntsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheidVoetspore op die ewenaarIn The Driving SeatMind Your BusinessSkrik op die lyfChaos, of op soek na SupermanKodenaam IcarusSaligerZuma ExposedA South African Censor's Tale

 
Loer na die program:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment