Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Vandag is Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag! Besoek Takealot se Afrikaanse winkel vir ’n bederfie

Dit is vandag Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag! Ons hoop jou planne vir hierdie mooi Vrydag sluit ‘n draai by die boekwinkels in.

 
Takealot bied vandag ‘n spesiale 15% korting op alle Afrikaanse boeke – mits die koeponkode Vriend-van-Afrikaans gebruik word – en het selfs ‘n aanlyn Afrikaanse winkel geskep net vir Afrikaanssprekendes! Indien jy nie so gelukkig is om naby ‘n boekwinkel te woon nie, of gewoon nie tyd gaan hê om daar ‘n draai te maak nie, kan jy in die gemak van jou eie huis (of kantoor) hierdie belangrike inisiatief ondersteun en jouself met ‘n nuwe Afrikaanse boek of twee bederf.

Volgens Takealot is die volgende boeke die topverkopers onder die Afrikaanse gemeenskap:

Kookboeke

Die kosrevolusieLow carb is lekkerKaroo Kombuis
 
1. Die Kosrevolusie deur Prof Tim Noakes
2. Low Carb is Lekker deur Inè Reynierse
3. Karoo Kombuis deur Sydda Essop

Fiksie

IkarusBoer kry ’n vrouKamphoer
 
1. Ikarus deur Deon Meyer
2. Boer Kry ‘n vrou deur Jan van Staden
3. Kamphoer deur Francois Smith

Nie-fiksie

Alles oor hekelAlles oor hekel 2150 Stories
 
1. Alles Oor Hekel 1 deur Karen Adendorff
2. Alles Oor Hekel 2 deur Karen Adendorff
3. 150 Stories deur Nataniël
 

Persverklaring

Afrikaners wat op soek is na ‘n afslag wanneer hul dié Vrydag hul kopies maak om dié jaar se Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag te ondersteun word aangemoedig om na takealot.com, Suid-Afrika se voorste e-handelaar, te gaan. Alle Afrikaanse boeke sal vir 24 uur dié komende Vrydag teen ‘n verdere 15% afslag verkoop word wanneer die koeponkode Vriend-van-Afrikaans gebruik word.

Marlise Bosman, Afrikaanse boeke-aankoper by takealot.com, sê die Afrikaanse gemeenskap is lank al groot kopers by die e-handelaar. “Ons het juis in Mei ‘n nuwe Afrikaanse Winkel op ons webwerf geskep, waar Afrikaanse kopers al die nuutste Afrikaanse boeke, CDs en DVDs vinnig kan opspoor. Ons sien al lank hoe ons Afrikaanse kliënte nuwe Afrikaanse boeke sommer vinnig opraap. Skrywers soos Deon Meyer bly populêr, maar dit is ook boeke soos Boer Kry ‘n Vrou, wat baie mense as die Afrikanerweergawe van die gewilde 50 Shades boeke sien, wat groot verkopers is. Kookboeke bly die gewildste, met Prof Tim Noakes se Die Kosrevolusie wat veral in aanvraag bly.”

Die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag is in 2005 deur die Vriende van Afrikaans van stapel gestuur maar word nou ook onder meer deur die Afrikaanse Taalraad bevorder. Dit word elke jaar op die 14de Augustus gevier, ook terloops die stigtingsdag van die eerste Afrikaanse Taalbeweging in die Paarl in 1875.

Bosman sê daar is ook ‘n sterk tendens na bewustheid (mindfulness), met boeke soos Die Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense wat al in sy derde uitgawe is en steeds goed verkoop. “Daar is ‘n duidelike tendens na gesonder leefstyle onder ons Afrikaner kopers, met boeke soos dié asook Low Carb is Lekker, Suikervry en Kry Daai Lyf wat gereeld onder die topverkopers getel word.”

Gesels saam op Facebook of Twitter en vertel vir ons van die boeke wat jy aangeskaf het! Moenie vergeet om vir ons ‘n boekselfie van jou buit te stuur nie …

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment