Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wenners van die 2015 ATKV-Woordveertjies aangewys

Francois Smith

 
Aandag! Die wenners van die 2015 ATKV-Woordveertjies is gisteraand tydens ‘n glansryke geleentheid te D’Aria Wynlandgoed aangekondig.

KamphoerMede-weteEwebeeldDonker spoorRidder in 'n wit jas

 

Die groot pryse het gegaan aan Francois Smith (Prosaprys), Antjie Krog (Poësie), Chanette Paul (Liefdesroman), Martin Steyn (Spanningslektuur) en Marie-Louise Steyn (Romanses).

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is deur die University of KwaZulu-Natal Press ontvang vir Die Ju |’hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir Kinders/Children’s Picture Dictionary (2014) terwyl Storiewerf die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans ontvang het. ‘n Spesiale ATKV-Woordveertjie is aan Litnet toegeken vir Uitnemende Bydrae tot die Woordkuns.

Die wenners ATKV-Kinderboektoekennings is vroeër vanjaar reeds bekendgemaak. Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Marita van der Vyver, Elizbè van der Colff, Tania Brink (ook bekend as Jaco Jacobs) en Marisa Haasbroek is in hierdie afdeling vereer.

Baie geluk aan al die wenners!

* * * * * * * *

 
Helené Prinsloo het regstreeks vanaf die toekennings getwiet met die huts #Veertjies15:


 

Persverklaring

Die ATKV-Prosaprys se beoordelaars was Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe met die wenner: Kamphoer – Francois Smith (Tafelberg).

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Shireen Crotz, Carina Hanekom en Madri Victor met die wenner: Ewebeeld – Chanette Paul (LAPA Uitgewers).

Diana Ferrus, Margot Luyt en Bernard Odendaal was die beoordelaars vir die Prys vir Poësie met die wenner: Mede-wete – Antjie Krog (Human & Rousseau).

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Carol-Ann Johnson, Didi Potgieter en Kobie van Aswegen. Vanjaar se ATKV-Woordveertjie gaan aan: Ridder in ’n wit jas – Marie-Louise Steyn (Amelia Strydom) (Hartklop).

Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Dirk Jordaan en Kay Karriem met die wenner: Donker spoor – Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

Shirley Ellis, Juanita Swanepoel en Wim Vorster was die beoordelaars vir die Prys vir Dramateks met die wenner: Die dag is bros – Wessel Pretorius.

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Mariëtta Alberts, Leon de Stadler en Rufus Gouws met die wenner: Die Ju |’hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir Kinders/Children’s Picture Dictionary (2014). Uitgegee deur die University of KwaZulu-Natal Press. Samestellers: Kerry Lee Jones en Tsemkgao Fanie Cwi met ’n redaksiespan.

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan Storiewerf– Prof. Franci Greyling.

Storiewerf is ’n webtuiste vir die bevordering van Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur en jong skryftalent, met as bykomende doelstelling die bevordering van Afrikaans op die internet. Dit is sedert April 2000 aktief en is vanjaar 15 jaar oud.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2015:

In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR – 1
Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde
Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3
Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Plons
Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA Uitgewers) – Plons

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
Skrywer: Elizbè van der Colff (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment
Illustreerder: Chris Venter (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – Wian Verwey het ’n crush op my

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA Uitgewers) – Iewers vlieg daar fairy dust
 

* * * * * * * *

 

Hou hierdie spasie dop vir meer oor die wenners

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment