Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Kortlys vir Jan Rabie Rapport-prys 2015 bekend

 
Aandag! Die kortlys vir vanjaar se Jan Rabie-Rapportprys vir debuutromans in Afrikaans is pas bekendgemaak.

Altesaam elf debuutromans uit verskillende fiksiegenres is vanjaar ingeskryf. Werk wat in 2014 verskyn het kom in aanmerking vir die prys.

Die kortlys is, in alfabetiese volgorde:

Die Alibi KlubKamphoerNagmusiek

 

 
Beide Kamphoer en Nagmusiek is ook vir kykNET-Rapport-Boekpryse benoem in die fiksie-afdeling, terwyl Nagmusiek ook in die nie-fiksie-afdeling meeding.

Die wengeld vir die Jan Rabie-Rapportprys beloop R35 000.

Vanjaar se keurders was Elna van der Merwe, boekeredakteur by Huisgenoot, Thys Human (NWU) en Danie Marais, digter en bestuurder van PEN.

Die wenner word op 19 November in Kaapstad aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapportpryse.

 

* * * * * * *

 
Die Engelse weergawe van Die Alibi Klub, The Alibi Club is vanjaar vir twee groot pryse benoem: Die kortlys vir die 2014/2015 UJ Debuutprys (Engels) en die langlys vir die 2015 Sunday Times Barry Ronge-fiksieprys.

Buiten die kykNET-Rapport-Boekprys vir fiksie is Kamphoer reeds vir verskeie groot pryse benoem, insluitend die 2015 Nielsen Booksellers Choice Award, die 2014/2015 UJ Debuutprys (Afrikaans) en die WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie. Smith het in September die ATKV-Prosaprys ontvang.

Met hierdie nominasie staan Nagmusiek die kans om drie pryse op een dag te wen met sy benoeming in beide die fiksie én nie-fiksie-afdelings van die kykNET-Rapport Boekpryse. Sy unieke debuutwerk, wat hom 13 jaar geneem het om te skryf, is reeds vanjaar met die UJ-debuutprys bekroon.

Vir meer oor hierdie drie werke lees gerus:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment