Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Alles om na uit te sien op die RSG Kunstefees-program (15 – 19 November 2015)

 
Die program vir die derde RSG Kunstefees is pas bekendgemaak en bied vanjaar besonderse pitkos vir boek- en kunsliefhebbers!

Die radio-kunstefees vind plaas vanaf Sondag, 15 November tot Vrydag, 20 November (en nie die 19′e soos in die opskrif aangedui word nie) en word regstreeks uitgesaai vanuit die M1-ouditorium in Auckland Park.

Die RSG Kunstefees beloof om iets van alles aan luisteraars te bied – van storieverteltyd met Elias P Nel en “Die woordketting” met Ilse Salzwedel en die digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos tot die hervertelling van ou gunstelinge deur André P Brink, Chris Barnard en Leon van Nierop.

Enkele hoogtepunte op die program is die verskyning van radiodebute deur Adam Small ( Maria – Moeder van God, Sondag om 18:30), Ingrid Jonker (Korreltjie kantel, Maandag om 19:10) en Hennie Aucamp (Wolf-wolf hoe laat is dit? Maandag om 20:00).

Nog ‘n debuut om na uit te sien is Atropos deur Hendrik J Botha.

Bly ingeskakel op RSG vir vars nuwe stemme, geliefde ou woorde, klankeksperimente en nóg meer:

 

GoreeKanna hy kô huistoeLobola vir die leweAdrenalienBallade vir ’n enkelingDiane Victor - Burning the Candle at Both EndsBek sonner brieke
Vlam in die sneeuFlame in the SnowIngrid JonkerSkulpMits dese wil ek vir jou sêAtropos
Kop op \'n blokVan sprokie tot tragedie in die kolligI've Come to Take You HomeVeelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelleToeris in Hillbrow
Danda op OudeurBriewe van Uys KrigeThe Lion Sleeps TonightDie huis van rye

 

* * * * * * * *

 
Loer na die program:

 

 
In die video vertel Magdaleen Krüger, RSG se stasiebestuurder, en Kobus Burger, uitvoerende regisseur: drama, wat luisteraars kan verwag van vanjaar se fees:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment