Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wenners van die 2015 kykNET-Rapport Boekpryse en Jan Rabie-Rapportprys aangekondig

 
Aandag! Die wenners van die 2015 kykNET-Rapport Boekpryse en Jan Rabie-Rapportprys is vandag aangekondig tydens ‘n glansgeleentheid by die Atlantic Imizo Studio in die V&A Waterfront, Kaapstad:

Buys – ’n GrensromanEsterNagmusiek

 

  • Nagmusiek deur Stephanus Muller (Fourth Wall Books) – kykNET-Rapport Boekprys, Niefiksie
  • Ester deur Kerneels Breytenbach (Human & Rousseau) – kykNET-Rapport Boekprys, Film
  • Nagmusiek deur Stephanus Muller (Fourth Wall Books) – Jan Rabie-Rapportprys

 

Wenners in beide die fiksie sowel as die niefiksie kategorie ontvang elk R200 000 en die wenner van die Filmprys R100 000. Die Jan Rabie-Rapportprys het ‘n kontantwaarde van R35 000.

“Die besondere belofte wat Willem Anker met sy debuutroman Siegfried getoon het, en die verwagtings wat die bekroning van dié roman en die daaropvolgende toekenning van die Jan Rabie/Marjorie Wallace-skrywersbeurs geskep het, word in Anker se tweede, groots opgesette roman, Buys, volledig vervul.”

Só meld beoordelaar Thys Human in sy commendatio vir die fiksieprys. Buys is sedert publikasie in Oktober 2014 op almal se lippe en het ook die 2015 Universiteit van Johannesburg-prys vir beste kreatiewe werk en die 2015 WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie ontvang.

Nagmusiek in besonder sal lank onthou word as daardie-boek-wat-vir-fiksie-én-niefiksie-benoem-was. Muller se aangrypende debuutwerk, wat hom meer as 13 jaar geneem het om te skryf, word geloof vir die akute bewustheid van die weerloosheid van kuns wat dit ontbloot en die tegniese kragtoer wat sonder versigting vir die massa-aanhang aangepak is.

Thys Human, beoordelaar van die Jan Rabie-Rapportprys, noem Nagmusiek in sy commendatio “’n uitdagende, grensoorskrydende teks van 916 bladsye in drie afdelings en die produk van 13 jaar se onverdrote navorsingsarbeid” en sê dit “is in elke sin van die woord ’n gróót werk”.

Herman Wasserman, beoordelaar van die niefiksieprys, sê weer in sy nabetragting oor hierdie merkwaardige publikasie: “Nagmusiek is ‘n tegniese kragtoer en ‘n hoogs geslaagde eksperimentele waagstuk wat verdien om bekroon te word met die 2015 kykNET-Rapport Boekprys vir niefiksie.”

Muller het vroeër vanjaar die UJ-debuutprys ontvang.

Kerneels Breytenbach se “fyn gekallibreerde roman” Ester was ook vir die fiksieprys benoem, maar die feit dat dié verhaal “netjies binne ʼn bewese kommersiële filmgenre val” maak dit die ideale wenner van die filmprys.

Herman Binge, beoordelaar van hierdie kategorie, skryf in sy commendatio: “Wat meer wil ‘n filmmaker hê as die stomende verhaal van ontluikende liefde tussen ‘n maagdelik-rigiede polisieman van Piet Retief en ‘n verleidelike Duitse spioen van Namibië? Saam op ‘n lotsbepalende treinreis na Kaapstad. Op ‘n lokomotief van die ou SAS&H. In 1946, ‘n jaar van groot politieke intrige in Suid-Afrika.”

Ester is al vir verskeie pryse benoem, insluitend die 2015 ATKV-Prosaprys, 2015 WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie, ‘n Huisgenoot-Tempo-toekenning as leesboek van die jaar 2015, en die 2015 UJ-prys.

Lees die commendatios om te sien waarom dié boeke koning gekraai het:

 

Baie geluk aan elkeen van hierdie skrywers!

* * * * * * *

 
Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die aankondiging getwiet met die hutshekkie #boekpryse:


 

 

Persverklaring

Die wenners van vanjaar se kykNET-Rapport Boekpryse sowel as die Jan Rabie-Rapportpys is aangekondig tydens ’n middagete by die Atlantic Imbizo Studio in Kaapstad op Donderdag 19 November 2015.

Vir die kykNET-Rapportpryse is kontantpryse met ’n gesamentlike waarde van R500 000 toegeken aan die volgende skrywers:

Buys, Willem Anker (Kwela)
Nagmusiek, Stephanus Muller (Fourth Wall Books)
Ester, Kerneels Breytenbach, (Human & Rousseau)

Die beoordelaars wat voor moeilike keuses gestel is in die besonder sterk kortlyste, was prof Thys Human van NWU, prof Louise Viljoen van US, prof Steward van Wyk van UWK en regisseur Gerrit Schoonhoven in die fiksiekategorie. In die niefiksiekategorie het prof Herman Wasserman van UCT, Irna van Zyl van New Media, Darryl David van UKZN en Herman Binge van Lion’s Head Productions behoorlik kopgekrap oor die uiteenlopende aanbod. Besluite oor voorleggings in die filmkategorie is geneem deur Herman Binge en Gerrit Schoonhoven.

In ‘n tyd waarin Afrikaans onder beleg is, verryk hierdie skrywers ons taal met onvergeetlike romans wat bestaande grense (literêr en andersins) oorskry.

Een skrywer veral, het vanjaar gesorg vir ‘n ligte fladdering met die insluiting van sy debuutwerk op nie minder nie as drie kortlyse: Die Jan Rabie-Rapportprys, sowel as die kykNET-Rapportpryse by fiksie sowel as niefiksie.

En met sukses! Die Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R35 000 word jaarliks toegeken en is een van die oudste pryse in Afrikaans vir debuutskrywers. Dit is vanjaar toegeken aan ’n dosent in musikologie aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Stephanus Muller, vir sy hoogs geslaagde tegniese waagstuk, Nagmusiek.

Die beoordelaars vir die prys was die bestuurder van PEN Afrikaans, Danie Marais, die boekjoernalis Elna van der Merwe en prof. Thys Human van Noordwes-Universiteit.

In beide kategorieë waar Nagmusiek die louere weggedra het, beskryf die beoordelaars dit as ’n enorme werk wat alle pogings tot genreklassifikasie ontwyk. “Deur hierdie teks met die Jan Rabie-Rapportprys vir debuutfiksie te bekroon, word ’n besonder ambisieuse poging tot die verken van nuwe terreine in die Afrikaanse prosa op gepaste wyse beloon.”

 

* * * * * * * *

 
Die volgende boeke was op die onderskeie kortlyste:

Buys – ’n GrensromanEster’n Duisend stories oor JohannesburgNagmusiek
KamphoerDF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalismeVan sprokie tot tragedie in die kolligDie respektabele Meneer HartsliefDie Alibi Klub

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment