Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Rus sag, Chris Barnard (1939 – 2015)

Chris Barnard

 
Een van die reuse van Suid-Afrikaanse letterkunde het gesterf.

Chris Barnard – veelbekroonde en uiters geliefde Afrikaans skrywer van onder meer Paljas, Die rebellie van Lafras Verwey en Die Wonderwerker – het vroeg Maandaggoggend op die ouderdom van 76 aan ‘n hartaanval beswyk, berig Netwerk24.

Barnard was wyd belees en sy boeke word ook deur menigte tweede en derde taal Afrikaanssprekers as gunstelinge uitgesonder. Sy sterfte is ‘n groot verlies vir die boekgemeenskap.

Oulap se blouBunduBoela van die blouwaterMahala
Die wonderwerkerDandaDanda op OudeurPaljasDie rebellie van Lafras Verwey

 

Vir meer oor hierdie ontslape skrywer, lees LitNet se skrywersalbum waarin hulle sy biografie, belangrike aanhalings en lys van publikasies in vol deel:

In 1999: “Dertig jaar gelede, toe ons jonk en lus was om te eksperimenteer, het die kuns om ’n storie te vertel in die slag gebly. Maar hoe ouer ek word, hoe groter word die uitdaging om ’n roman só te skryf dat die leser dit nie maklik sal neersit nie – nie nét vir die storie nie, maar óók vir die storie.”

“Ek weet uit dure ondervinding ’n roman is op sy heel beste tot nét voor jy die eerste sin neergeskryf het. Daarná, sin vir sin, begin jy sy moontlikhede beperk.” (Beeld, 29 September 1999)

“Om ’n roman te skryf (of enigiets anders), is op ’n manier soos om ’n bergpoel kristalhelder water te sien wat vol weerkaatsings van wit wolke en ’n blou oneindigheid lê en skitter – en te besluit jy wil ’n dubbele handvol van daardie water met alles wat dit weerspieël skep en met jou saamneem om dit vir die res van die wêreld te gaan wys. Jy staan uiteindelik waarmee jy staan: met nat maar leë hande. Dis nie altyd heeltemal so erg nie. Jy ontdek soms iets gans anders in jou hande – nadat die water tussen jou vingers weg is: soms selfs ’n spartelende ghielewientjie of ’n kielierige draaikewertjie wat jy nooit verwag het nie. Maar altyd – altyd – met iets anders as die ding wat jy wou opskep.”

“Hoe ouer jy word, hoe moeiliker is dit om jouself tussen die bladsye weg te steek. Jy gee minder om dat die onderrok uithang. As jong skrywer was dit vir my belangrik om myself te verdoesel. Nou maak dit nie meer saak nie.” (Die Burger, 5 Februarie 2009)

[...]

Christian Johan Barnard is op 15 Julie 1939 op ’n lemoenplaas, Mataffin, in die ou Transvaalse Laeveld gebore – die oudste van twee seuns van Flip, ’n sitrusboer, en Hanna. Sy broer, Sam, is gebore toe Chris vyf jaar oud was en omdat hy aanvanklik alleen grootgeword het, het hy geleer om homself te vermaak. Sy ma was ’n nooi Blundell en hy vertel self dat sy ’n gefrustreerde huisvrou was en ’n toegewyde tuinier. Sy behoefte om goed te plant en te sien groei, kom dus van beide ouers af.

Lees huldeblyke aan Barnard op Twitter:


 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment